Saints deel slae uit
Hokkie
Andrew Poolman – Die manspan van Saints, as verdedigende kampioen, het sy stand as gesamentlike voorloper in die Bank Windhoek binnenshuise hokkieliga behou toewedstryde die naweek by die DTS-baan in Olympia hervat het.
Saints het Saterdagaand 'n wegholoorwinning met 14-1 teen BDO Wanderers opgestapel.
Cody van der Merwe was die vernaamste skerpskutter met ses treffers vir die aand, terwyl Fagan Hansen (vier doele), Nico Neethling (drie doele) en Damian Schutz (een doel) die telling verder laat aangroei het.
Wanderers se enigste doel vir die naweek is deur Herschell van Schalkwyk aangeteken.
Wanderers het die vorige aand 'n ewe groot loesing op die hals gehaal toe Windhoek Old Boys hom met 14-0 oordonder het.
Vir Old Boys was Ernest Jacobs die uitblinker met vyf doele, met ewe goeie steun van Russell Bartlett (drie doele) en Dylan Finch (twee). Nog vier doele is tussen Etienne de Villiers, Siyabonga Martins, Nathan van Niekerk en Kevin Barnard gedeel.
• DTS het ook waardevolle punte met 'n sege van 5-3 teen Windhoek Old Boys ingesamel.
Rustyd was die wenspan met 2-1 voor.
DTS se doele het van JP Britz (2), Josh van der Merwe (2) en Percy Barthram gekom. Old Boys se doelskieters was Siyabonga Martins (2) en Ernest Jacobs.
VROUE
In die premierliga vir vroue het Saints ook die grootste telling van die naweek aangeteken, naamlik 10-1 teen BDO Wanderers (rustyd 4-0).
Cele Wessels en Azaylee Philander het die pas aangegee met vier en drie doele onderskeidelik. Gillian Hermanus (2) en Caitlyn Gillies het die res bygevoeg.
Wanderers se enigste antwoord het in die tweede helfte van Bernice Brink gekom.
• Windhoek Old Boys was met 4-0 die wenners teen die ou mededinger DTS, nadat sake rustyd op 3-0 gestaan het.
Marcia van Zyl het die wenspan se openingsdoel behaal, wat deur 'n tweekuns deur Annalien Davin gevolg is. Vir oulaas het Kaela Schimmimg ook een bygevoeg.
PUNTESTAND
In die premierliga vir mans staan sake nou só:
1Saints 25 ná 9 wedstryde
2DTS 25 ná 10 wedstryde
3Windhoek Old Boys 16 ná 10
wedstryde
4NUST 11 ná 10 wedstryde
5BDO Wanderers 6 ná 10
wedstryde
6Unam 4 ná 7 wedstryde
6X-Team 3 ná 6 wedstryde
In die premierliga vir vroue is die puntestand soos volg:
1Saints 18 ná 6 wedstryde
2DTS 14 ná 7 wedstryde
3Master Colts 8 ná 6 wedstryde
4Windhoek Old Boys 7 ná 6
wedstryde
5Sparta 4 ná 4 wedstryde
6Coastal Raiders 3 ná 5
wedstryde
7Wanderers 3 ná 4 wedstryde

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie