Sakeleiers: Los Pravin Gordhan uit!
Sakeleiers: Los Pravin Gordhan uit!

Sakeleiers: Los Pravin Gordhan uit!

Jo-Mare Duddy Booysen
Agri SA het gister in samewerking met Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa) en die vakverbond Fedusa ’n “Los Gordhan uit”-veldtog van stapel gestuur.
Dit kom nadat Gordhan, minister van finansies, Suid-Afrikaners ­Dinsdagaand in ’n ongewone persoonlike verklaring gevra het om die ­tesourie en sy hardwerkende ­amptenare te beskerm.
Daar is die afgelope naweek in die media berig dat die Valke en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) dreig om Gordhan en ander voormalige kollegas by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) op aanklag van spioenasie in hegtenis te neem.
Volgens Christo van der Rheede, adjunkdirekteur van Agri SA, is dit tyd vir Suid-Afrika se voorste sakelui en arbeidsleiers om hul stem dik te maak. Van der Rheede sê Suid-Afrika kan nie bekostig dat mense met verskuilde politieke agendas die land ekonomies oor die afgrond stoot nie, want dit is wat sal gebeur as Gordhan in hegtenis geneem word.
Agri SA het ook ’n beroep op die publiek gedoen om “in hul miljoene” kort briewe aan die presidensie te rig ter ondersteuning van Gordhan.
Jannie Mouton, voorsitter van PSG, het gesê hy ondersteun Gordhan, want hy “verrig ’n waardevolle taak vir Suid-Afrika”.
“Ek glo hy is opreg en eerlik en probeer sy beste vir Suid-Afrika.”
Mouton het op die vraag oor wat hy dink gaan gebeur as Gordhan skielik in hegtenis geneem word of verwyder word, gesê: “Dit sal dramaties sleg wees vir die land”.
“Hy is ’n gesiene mens in die wêreld en baie mense het respek vir hom. Suid-Afrika het hom nou nodig.” Oor die impak van so iets op die markte en rand, het hy gesê dit sal soos Nenegate in Desember wees.
Mohale Ralebitso, hoof van die Black Business Council, sê dit is vir hom baie jammer dat hierdie aangeleentheid so lomp hanteer is.
“Al hierdie nonsens lei die aandag af van die goeie werk wat die private sektor en die regering doen om Suid-Afrika se ekonomie te help.
“Die hele aangeleentheid ondermyn vertroue in Suid-Afrika, veral omdat dit lyk asof die regering teen homself oorlog verklaar het.”
Ralebitso is bekommerd oor die impak wat die kwessie op Suid-Afrika se kredietgradering kan hê, veral omdat die meeste agentskappe ’n negatiewe vooruitsig het. Dit kan tot ’n afgradering tot rommelstatus vir die land lei.
Graham O’Connor, hoof van die Spar-groep, sê Gordhan moet uitgelos word sodat hy daarop kan konsentreer om die ekonomie te dryf.
Hy sê die rol wat Gordhan gespeel het om hande te vat met die sakewêreld was fantasties en dit het gehelp om ’n afgradering te keer.
Jabu Mabuza, president van Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa), sê dit was glad nie goeie nuus om Sondagoggend wakker te word en die aantygings in die media oor Gordhan te lees nie.
“Dit kon regtig nie op ’n slegter tyd gebeur het nie. Dit is ongeleë en lei die aandag af van al die goeie werk wat ons saam met die regering doen om die ekonomie te ondersteun. Ons neem die presidensie se uitdruklike stelling ter harte dat daar nie sulke aanklagte is nie.”
John Cairns, ’n valutastrateeg van Rand Merchant Bank (RMB), sê die rand én die aandelemark gaan wesentlik verswak as daar ’n verandering ten opsigte van die minister van finansies kom.
“Selfs gerugte van ’n verandering sal negatief wees vir die markte, soos wat ons reeds die afgelope twee dae gesien het.”

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.9 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.28 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1889.62 Up +2.40% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14282.71 Up +0.63% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31250.64 Up +1.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 659.72/OZ UP +0.06% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0096 | Zinc US$ 3 007.30/T DOWN 0% | Brent Crude Oil US$ 73.63/BBP DOWN -0.0211 | Platinum US$ 986.43/OZ DOWN -0.0019 #N/A