• Tuisblad
  • Sake
  • Sakelui beloof protes oor Zuma gaan nou toeneem
Sakelui beloof protes oor Zuma gaan nou toeneem
Sakelui beloof protes oor Zuma gaan nou toeneem

Sakelui beloof protes oor Zuma gaan nou toeneem

Sakeleiers berei hulle voor op nog afgraderings gedurende pres. Jacob Zuma se bewind.

“Ons verwag verdere afgraderings deur die internasionale kredietgraderingsagentskappe omdat die president alles gaan staan en doen het wat ons gesê het ons nié gaan doen nie,” sê Bonang Mohale, uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa (BLSA).

Dit is een van die land se grootste drukgroepe in sakegeledere.

Hy sê die sakesektor gaan sy stem nou dik maak veral voor die ANC-leiersberaad en “gaan nie meer ordentlik wees nie”.

Mohale was voorheen die voorsitter van Royal Dutch Shell in Suid-Afrika.

Fitch Ratings en S&P Global Ratings het in April die gradering op Suid-Afrika se buitelandse skuld van beleggingsgraad tot rommelstatus verlaag.

Die kredietgraderingsagentskappe het toe kommer oor die rigting wat met beleid ingeslaan word, politieke binnegevegte en die swak bestuur van staatsondernemings as redes hiervoor aangevoer, nadat Zuma beleggers se gunsteling-minister van finansies, Pravin Gordhan, afgedank het.

As die binnelandse staatskuld wat aan beleggers uitgereik is deur nog een kredietgraderingsagentskap afgegradeer word tot rommelstatus, gaan die land se staatseffekte uit belangrike beleggingsindekse weggelaat word en gaan dit tot die uitvloeiing van buitelandse beleggingsgeld van miljarde rande lei.

Moody’s is die enigste groot kredietgradeerder wat Suid-Afrika se binnelandse en buitelandse staatseffeke nog op beleggingsgraad het.

BLSA, wat ’n groepering van 80 van die land se groot maatskappye is, gaan nou sy stem dik maak oor korrupsie en sake wat die welsyn van mense raak, sê Mohale.

Hy erken die sakesektor was die afgelope ruk stiller.

Volgens hom gaan hulle nou weer gesprekke met die regering, die minister van finansies en die president voer, en nie meer in die openbaar stilbly nie. “Ons ordentlikheid het gesterf.” – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!