Sakelui nie almal ryk
Josefskleed skryf:
Miskien moet ons president en lede van die parlement aandag gee aan die volgende.
Mense het absoluut geen keuse wanneer dit kom by: Waar ons gebore word, wie ons ma en pa moet wees en of die ouers ryk of arm mense is, watter geslag ons moet wees, watter taal ons praat, van watter etniese groep ons is of wat ons velkleur is nie.
Mense het wel ‘n keuse wanneer dit kom by: Hoe goed of sleg ons wil wees, of dit wat ons doen ons beste gaan wees en of ons lyf gaan wegsteek, of ons ‘n goeie bestaan wil maak al gaan ons nie eendag ryk wees nie, of ons eerlik wil wees, of wil ons lieg en bedrieg, ensovoorts.
Of ons aan ander mense gaan doen soos wat ons wil hê hulle aan ons moet doen.
VRESE OOR NUWE ELITE
Wat beteken NEEEF werklik vir gewone arm en middelklas Namibiërs?
Die regering het reeds van 1990 af die gevolge van Apartheid begin wegwerk en hierdie land se mense vorentoe laat kyk in pleks van gedurig agtertoe, deur iemand anders te blameer vir alles in ons land. Van ons “previously disadvantaged” het lankal nie meer daardie status nie. Volgens my is die wat nou “disadvantaged” is “presently disadvantaged”.
Met NEEEF gaan die regering, wat na alle Namibiërs moet omsien, ‘n ryk swart elite skep wat al die sê in die land gaan hê, terwyl die gewone behoeftiges nog net so arm en “disadvantaged” gaan bly. Dit het niks met die verlede te doen nie.
Waarom wil die regering van Namibië nou onder dekmantels teen sommige van ons diskrimineer? Ons is in hierdie land gebore.
Die meeste wit Namibiërs is nie in rykdom gebore nie – hulle het gesukkel en gewerk vir wat hulle het. Hulle het nie net sommer gekry nie.
Die wat wel ‘n besigheid tot stand kon bring, verskaf werk, opleiding en inkomste aan medeburgers.
Mense wat kleiner besighede het, is meestal nie skatryk nie, want besighede behels baie uitgawes en verpligtinge. Behalwe vir al die maandelikse belastings moet elke besigheid ook maatskappybelasting betaal.
Mense met besighede steek nie net al die geld wat inkom in hulle sakke nie. Dit is ‘n baie verkeerde indruk wat sommige mense het.
ONDERWYS SE BELANG
Om vir almal ‘n gelyke kans te gee, moet daar heel eerste en belangrikste aan onderwys aandag gegee word. NEEEF en Harambee sal nie alleen armoede uitwis nie.
Sonder onderwys en kennis kan mense nie vorentoe beweeg nie. Hulle sal nie vir hulself kan sien en lees en beoordeel wat regtig die waarheid is nie, en sal na verdraaide stories luister en aanvaar dat dit is soos opportuniste sê, en so teruggehou word in die lewe en wrywing veroorsaak.
Vergeet al die sogenaamde belangrike geboue – dit is net tot nadeel van die meer belangrike probleme en tot voordeel van ‘n klein groepie mense, en vat net weg van die wat beter daarby kon gebaat het.
Dit was ‘n totale skok om opnuut te sien hoeveel onderwysers vir 2017 benodig word. Daar is nie genoeg behoorlik gekwalifiseerde onderwysers nie.
Hier is nie soveel onderwysers nie en die kinders ly daaronder.
Hoe moet 'n kind eendag sy eie kind probeer help met skoolwerk as hy self skaars kan lees of skryf of redelike algemene kennis het? Hoe moet daardie kind ‘n waardige werk kry wat hom/haar sal help met ‘n beter toekoms en inkomste?
Lei liewer onderwysers op en gebruik onderwysers wat die regte gesindheid het sodat ongeletterdheid en gedeeltelike ongeletterdheid uitgewis kan word.
Dit is belangriker dat baie meer aandag aan onderwys en gesondheid gegee word, want dit is bepalend vir mense se bestaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie