Sakeman (55) sterf by fietsrydag
Andrew Poolman
Die bekende Windhoekse sakeman mnr. Gunnar Jensen se skielike afsterwe tydens 'n fietsrybyeenkoms die afgelope naweek kom as 'n skok vir almal wat hom geken het.
“Hy was nie net 'n baas nie, maar 'n ware mentor en 'n sagmoedige reus . . . 'n baie goeie mens en 'n voorbeeld vir almal,” het mnr. Pieter Liebenberg, streekbestuurder vir aankope by Buco Hardware, aan die koerant gesê.
Jensen (55) was voorheen die eienaar van Pennypinchers, wat later deur die Buco-groep oorgeneem is. Hy het sedert 2004 by die Buco-groep gewerk en het ten tyde van sy dood na die groep se takke landswyd omgesien.
Jensen het Saterdag vir die 40 km-afstand van die Otjiwa Eagle Ride-bergfietsbyeenkoms naby Otjiwarongo ingeskryf, wat deel van die landswye Gravel & Dirt-reeks is.
Mnr. Johan Pretorius, organiseerder van die byeenkoms en van die reeks, sê hy is deur ryers op die roete ingelig dat hulle Jensen ná omtrent 36 km gevind het waar hy op die grond gelê het.
“Die ambulans op bystand is onmiddellik na die toneel met twee noodhulpbeamptes – een met basiese en een met gevorderde opleiding. Hulle is deur die plaaseienaar se seun vergesel, wat hulle met 'n bakkie na die toneel vergesel het.
“Die ambulans het sowat vyf tot sewe minute nadat ons ingelig is, daar opgedaag. Fietsryers wat in mediese beroepe werk, was ook reeds op die toneel, en ondanks hul pogings kon hulle Gunnar nie bybring nie. Hy is per ambulans na die hospitaal op Otjiwarongo geneem, waar hy dood verklaar is.”
Pretorius sê Jensen was klaarblyklik 'n beginner of sosiale ryer wat nie gereeld aan mededingende wedrenne deelgeneem het nie.
“Gunnar se jongste seun, Bergran, is wel een van die land se topdrie fietsryers in die o.16-ouderdomsgroep. Bergran was inderdaad die wenner van die 40 km-resies vir junior mans.
“Gunnar was die ontwikkeling van fietsry ook besonder goedgesind en was verantwoordelik vir die reëlings van Buco se borgskap vir die driedaagse Khomas Challenge, wat die vorige naweek afgehandel is.”
Pretorius sê die Otjiwa-resies se roete kan nie as veeleisend beskryf word nie. “Die organiseerders se bevinding is ook dat die beste moontlike mediese bystand gelewer is.
“As organiseerders van die byeenkoms en van die reeks het ons innige meegevoel met die Jensen-familie. Sy afsterwe is 'n verlies vir die gemeenskap en ons wens die familie sterkte toe in die moeilike tyd.”
Jensen word deur sy vrou, Marinda, en twee seuns, Soren en Bergran, oorleef.
Die begrafnis vind Vrydag om 15:00 vanuit die Christuskirche plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie