Sakeman Konrad Woermann sterf
Sakeman Konrad Woermann sterf

Sakeman Konrad Woermann sterf

Ronelle Rademeyer
Die 86-jarige mnr. Konrad Woermann, afgetrede sakeman en voormalige hoof van Woermann Brock, is Vrydagaand op Swakopmund oorlede.
Hy het in 1960 die bestuur van Woermann, Brock & Co., soos die maatskappy toe bekend gestaan het, oorgeneem. Verskeie nuwe takke het onder sy bestuur geopen en groot uitbreidings is aangegaan.
In 1998 het hy die bestuur aan sy seuns, Jesko en Ingo, oorgegee. Hy het die tuig in 2001 neergelê toe sy gesondheid begin verswak het.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer