Sakeman met 'n passie vir kuns
Sakeman met 'n passie vir kuns

Sakeman met 'n passie vir kuns

Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis – Mnr. Sven Thieme, uitvoerende hoof van die Ohlthaver & List (O&L)-groep, die grootste privaatmaatskappy in Namibië, het 'n aandeel in verskeie plaaslike bedrywe, onder meer in die toerismebedryf en besigheidsektor, asook die kunsbedryf.

Hy het onlangs die Talk to Sven-inisiatief van stapel gestuur.

Tydens dié weeklikse uitsendings bespreek hy en gassprekers belangrike aspekte van dié bedrywe, spesifiek met betrekking tot die Covid-19-pandemie.

“Mense stuur dikwels boodskappe vir my en vra raad oor verskeie onderwerpe. Ongelukkig kan ek nie op almal se boodskappe reageer nie,” skryf Thieme op sy Facebook-blad.

Die idee vir die Talk to Sven-uitsendings het hieruit gespruit.

Me. Lize Ehlers, 'n pionier in die Namibiese kunsbedryf en stigter van die RMB Song Night, asook mnr. David Benade, die besturende direkteur van dB Audio Namibia en 'n vervaardiger by Collective Productions Namibia, het laas Woensdag by Thieme aangesluit om die plaaslike kunsbedryf te bespreek.

Tydens dié gesprek is gefokus op hoe Covid-19 hierdie “noodsaaklike, dog onderwaardeerde” sektor beïnvloed het, asook die geleenthede wat beskikbaar is vir diegene wat by die sektor betrokke is.

Thieme sê hy is passievol oor die kunsbedryf, want dit speel 'n betekenisvolle rol om “mense lewe te gee.”

“Ek is lief vir die vermaakbedryf en die waarde wat dit inhou, aangesien dit 'n groot bydrae lewer om 'n gesonde gemeenskap te kweek.

Nuwe, innoverende idees word gebore en kan ekonomiese groei 'n hupstoot gee.”

Hy sê hy het Ehlers en Benade spesifiek as sy gaste gekies, omdat hulle baie suksesvol in hul onderskeie velde is. Beide se sienings het dus meriete.

Thieme sê Namibiërs moet eers 'n volledige begrip hê van wat dié bedryf behels. Eers dan kan die noodsaaklikheid daarvan duidelik wees.

“As mense begryp watter waarde dit skep, sal hulle beter verstaan hoe hulle 'n bydrae kan lewer,” het hy gesê.

Volgens Thieme gaan O&L in die toekoms meer by dié bedryf betrokke wees. Hy wou nie verklap wat die planne behels nie, maar het wel gesê besprekings is reeds onderweg. “Hou dié ruimte dop,” het hy afgesluit.

Die uitsending is op Thieme se Facebook-blad. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!