Sakeman sien nood raak

'n Weldoener op Keetmanshoop het hom oor 'n blinde inwoner in Tseiblaagte ontferm.
Tanja Bause
Tanja Bause



Mnr. Niklaas Bezuidenhout se lewe het onlangs handomkeer verander nadat 'n weldoener 'n splinternuwe sinkhuis in Tseiblaagte op Keetmans­hoop aan hom geskenk het.

Bezuidenhout wat blind en gestremd is, woon saam met 'n klomp ander mense in 'n vervalle huisie op een erf.

Mnr. Basil Brown, 'n sakeman van Keetmanshoop, het van sy omstandighede te hore gekom en wou 'n verskil maak.

“Ek wou vir hom 'n regte huis bou, maar daar is so baie vereistes en dit is 'n groot gesukkel om 'n stuk grond te koop. Ná meer as 'n jaar se gesukkel, was ek bekommerd dat hy nie die winter in daardie huisie van hom sal oorleef nie en ek het besluit om vir hom 'n ordentlike sinkhuis te bou. Ek help hom met kos en ander benodighede, maar die nood is baie groot, veral omdat hy nie die enigste persoon is wat ek help nie. Ek help waar en wanneer ek kan.”

Aan die begin van 2020 en Covid-19, het Brown 'n beroep op vriende en familie gedoen om handreiniger te maak en in klein bottels te gooi. Dié handreiniger is aan mense in minderbevoorregte gemeenskappe uitgedeel. Dit is toe dat Brown van Bezuidenhout en sy omstandighede gehoor het.

Volgens Bezuidenhout is hy 'n paar jaar gelede erg aangerand en die aanval het hom blind en gestremd gelaat.

“Hy kry geen finansiële hulp van die regering nie. Aan die begin het hulle gesê hulle soek sy doopseel. Ek het dit gekry en nou soek hulle die pa se geboortesertifikaat. Ek weet nie eers waar ek moet begin soek nie. Covid-19 kry nou die skuld vir alles, maar ek dink die maatskaplike werkers kan net opstaan en vir hom gaan besoek.

“As hulle ondersoek gaan instel, kan hulle sien die man het dringend hulp nodig en 'n ongeskiktheidstoelaag van die ­regering is beslis 'n begin.”

Bezuidenhout se suster help hom wel, maar sy het ook haar eie mense om voor te sorg.

“Ek het hulp vir die bou van die huis gekry vanaf Hatutungu Foundation en Walters Southers Towing waarvoor ons baie dankbaar is, maar die nood is nie net op Keetmanshoop waar ek woon nie, maak ook op Lüderitz waar ek help, veral nou weens Covid-19. As enigiemand minderbevoorregtes in dié twee dorpe wil help, kan hulle vir my 'n e-pos na [email protected] stuur.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!