Sakeredders gooi handdoek in by Gupta-myn
Sakeredders gooi handdoek in by Gupta-myn

Sakeredders gooi handdoek in by Gupta-myn

Elvira Wood



Louis Klopper en Robert Knoop, die twee sakeredders wat by die Guptas se Shiva Uranium aangestel is, het bedank.

Die twee het Donderdag in 'n brief gesê die gespanne verhouding tussen hulle en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) het só verswak dat hulle nie meer kans sien om voort te gaan met die proses nie.

Die IDC is Shiva se grootste skuldeiser. Klopper en Knoop sê hoewel hulle glo die maatskappy aan 'n derde party verkoop kan word, hulle nie glo dat hy in die toekoms winsgewend as alleenstaande maatskappy bedryf kan word nie.

“Sonder om noodwendig uit te brei oor wat gedurende die proses tot dusver by Shiva bereik is, is dit nodig om dit op rekord te stel dat dit ons professionele mening is dat Shiva nie gered kan word in die sin dat hy homself ooit uit die huidige situasie kan werk nie,” lui die bedankingsbrief.

“Maar, danksy dit wat reeds gedurende die sakereddingsproses bereik is, is daar reeds 'n moontlike ooreenkoms om Shiva as lopende saak te verkoop.”

Fin24 het Woensdag berig dat luidens 'n voorlegging deur die departement van minerale bronne aan die parlement se portefeuljekomitee oor minerale bronne, is mynregulasies by die Shiva-uraanmyn oortree wat werkers in gevaar gestel het. Klopper en Knoop is op 19 Februarie as sakeredders van sewe van die Guptas se maatskappye aangestel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!