Sakevrou soek haar ‘hemp’
‘n Windhoekse sakevrou vra of die polisie wil hê sy moet op straat sit en bedel nadat hulle op haar besending hennep beslag gelê het.
Denver Kisting – Die Namibiese polisie is opnuut in die spervuur nadat hulle op ‘n besending henneptee beslag gelê het en sedertdien glo verswyg waar dié gesondheidsproduk is.
Me. Bianka O’Callaghan, wat ‘n gesondheidswinkel in Klein Windhoek bedryf, sê die polisie het op 14 Desember verlede jaar beslag gelê op ‘n hele besending van haar henneptee.
Volgens haar is die waarde van dié voorraad nagenoeg N$32 000. Sy het voorts gesê sedert die tee in die hande van die polisie se dwelmeenheid beland het, kon sy nog nie daarin slaag om vas te stel of die goedere nog bestaan nie.
‘n Berig oor skulderkkeningsgeld en dagga wat na bewering onlangs in die sorg van polisie verdwyn het, het haar laat wonder wat van haar hennep geword het.
Me. O’Callaghan sê sy het met die polisie beraadslaag selfs vóór sy haar winkel se deure vir die eerste keer oopgemaak het. Volgens haar het sy vir hulle van die tee bedien en hulle het glo aangevoer dat hulle dit geniet het.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gisteroggend by navraag gesê die polisie dra kennis van die voorval. Al wat hy in hierdie stadium kan bevestig, sê hy, is dat die ondersoek voortduur en me. O’Callaghan glo binnekort van die polisie sal hoor.
Kanguatjivi het benadruk dat die hennep nie weg of gesteel is nie.
O’Callaghan sê hul uitdagings met die polisie het reeds in September verlede jaar begin. Die polisie het glo toe op ‘n ‘n tak van haar op Tsumeb toegesak en op ‘n pakkie tee beslag gelê.
In Desember is sy na ‘n plaaslike koerierdiens ontbied waar sy lede van die dwelmeenheid by haar besending hennep uit Duitsland aangetref het. Sy is beveel om die doos in hul teenwoordigheid oop te maak waarná dit vir toetse weggeneem is.
Die sakevrou sê sy is veral verbaas dat daar op haar produkte toegeslaan word terwyl ‘n mens oral in die hoofstad in verskeie winkels hennepprodukte kan bekom.
“Dit is absolute nonsens.“
Sy sê sy het in Januarie vasgestel dat die polisie glo toe steeds op laboratoriumuitslae gewag het.
Volgens haar kan hennep, wat sy as ‘n kosaanvulling verkoop, mense met talle gesondheidsprobleme help én die ekonomie ‘n hupstoot gee.
Sy wil ook weet of die polisie wil hê sy moet eerder op straat sit en bedel in plaas daarvan om vir haarself te sorg. Hoe langer haar voorraad in die polisie se besit is, hoe meer skade ly sy, beklemtoon O’Callaghan.
Sy is tot op hede nooit in hegtenis geneem of vir ondervraging na die polisie ontbied nie.
Republikein het onlangs berig polisielede wat by misdaad betrokke raak, bekommer senior lede van die mag.
Dít kom nadat vier polisielede verbonde aan die dwelmeenheid verlede maand in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn het nadat N$9 000 se skulderkenningsgeld glo spoorloos verdwyn het.
Komm. Silvanus Nghishidimbwa, bevelvoerder van die Khomasstreek, het toe gesê die twee vroue en twee mans is in die hoofstad aangekeer.
Hulle het glo ‘n man van Klein Windhoek, by wie se huis ‘n daggaplantasie gevind is, in hegtenis geneem.
By die polisiestasie het die dwelmeenheid se lede glo op N$10 000 aangedring as skulderkenning. Nadat die man die geld betaal het, is ‘n kwitansie uitgereik waarop glo slegs N$1 000 aangedui is.
Die daggaplantasie het glo ook intussen volgens Nghishidimbwa in die niet verdwyn.
“Dit is nêrens te vinde nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie