Sakke-pakke, sout en nuwe peper
Die opgeknapte gedeelte bestaan onder meer uit ’n gemeenskaplike vuurpit, drie treinwaens, ablusiegeriewe en ’n eetsaal.
Lloyd Zandberg - Die publiek, mediapersoonlikehede en die O&L Leisure-groep het Vrydag die bekendstelling van Midgard Country Estate, sowat 90 km buite die hoofstad, se onlangs opgeknapte treinwaens bygewoon.
Die opgeknapte gedeelte bestaan onder meer uit ‘n gemeenskaplike vuurpit, drie treinwaens, ablusiegeriewe en ‘n eetsaal.
Die drie waens het elk ’n unieke tema, naamlik “Graphic”, “Vintage” en “Crisp”.
Die Graphic-wa is vrolik en kleurvol om jonger gaste te lok, en is deur die ontslape popkuns-kunstenaar Andy Warhol geïnspireer.
Die Crisp-wa word as verwelkomend en vars beskryf, om die moderne besoeker op soek na ’n gemaklike, eenvoudige ervaring, te trek.
Vintage neem gaste deur die verlede met romantiese ondertone. Dé wa is geskik vir paartjies van enige ouderdom.
Die O & L Leisure-groep se besturende direkteur, mnr. Terrance Makari, sê die groep werk hard daaraan om Namibië se mees geliefde hotelgroep te bly.
“Ons wil elke besoek aan ons geriewe een maak wat vir ewig onthou sal word,” het Makari gesê.
Besoek die O & L Leisure-groep se webtuiste vir besprekings of meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie