Sakke vol geskenke
Klein Kylie Steyn se Mariental-mannewales met ‘n lammertjie het die ander agt finaliste in Republikein en Kletskompas se heel eerste videokompetisie uitgestof in die wedloop om as algehele wenner aangewys te word.
Haar ouma, me. Petro Badenhorst van die plaas Wolwekraal, het die video ingeskryf.
Hierdie afdeling, “Mense, hul diere en dinge”, was by verre die gewildste.
In die afdeling “Ons land, ons natuur” het Koos Liebenberg van Walvisbaai koning gekraai met ‘n video van ‘n flamink wat kop-onder-water rondomtalie draai.
‘n Plaastoneel waarin ‘n kalfie sy eie stertjie probeer vang, ‘n video deur Maja Carstens van Windhoek, het die afdeling “Ek was daar” gewen.
‘n Totaal van 142 video’s van wyd en syd is vir die kompetisie aanvaar. Dankie aan almal wat video’s gestuur en aan die SMS-uitdunrondtes deelgeneem het, asook ons borge: Woermann Brock, Gondwana Collection, Home Corp en MultiChoice Namibia.
Pryse met ‘n gesamentlike waarde van meer as N$70 000 is Woensdag regstreeks in Republikein se Facebook-program, Kletskompas, weggegee.
‘n Groot deel van die Kersgeluk het aan die kus gedraai.
DIE WENNERS
Sonja de Witt (Swakopmund), Raoul de Waal (Walvisbaai), Lizanne Davids (Walvisbaai) – N$1 000 se inkopies elk by Woermann Brock
De Villiers van Jaarsveld (Hentiesbaai), Freddie Simon (Mariental/Gochas), Moekie Mouton (Swakopmund) – N$2 000 se inkopies elk by Woermann Brock
Koos Liebenberg (Walvisbaai) – N$7 876 wegbreek by Gondwana en N$5 000 se inkopies by Woermann Brock
Maja Carstens (Windhoek) – Hisense TV ter waarde van N$5 999 van Home Corp en N$5 000 se inkopies by Woermann Brock
Petro Badenhorst (plaas Wolwekraal, Hardap) – dubbelbed ter waarde van N$8 999 van Home Corp en Namib Foam, Explora-dekodeerder met skottel en toebehore en ‘n maand se gratis subskripsie vir Premium Compact, N$15 000 se inkopies by Woermann Brock
LESERSPRYSE
Meer as 400 persone het per SMS vir hul gunsteling video's gestem. Die volgende ses deelnemers se name is uit die hoed met al hierdie selfoonnommers getrek:
Magreth Esterhuizen (Windhoek), Gundi de Witt (Koës), Sandra du Toit (Windhoek) - N$1 000 se inkopies elk by Woermann Brock
Lucian de Koe (Swakopmund) – N$2 728 wegbreek by Gondwana
Anna Sissing (Windhoek) – Defy kroegyskas ter waarde van N$3 499 en ‘n Univa mikrogolfoond ter waarde van N$1 599, beide geborg deur Home Corp
Jacquie van der Bijl (Swakopmund) – HD-dekodeerde, skottel en toebehore van DStv (N$1 895)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie