Sakkepakke op Lüderitz
Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery.
Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20 waens bestaan en met mangaan gelaai was, was die eerste vrag wat sedert 1998 tussen Aus en Lüderitz vervoer is.
Sedertdien kom treine met mangaanerts daagliks op die dorp aan.
Mnr. Alosius Jahrs is ’n rangeerder wat in 2016 afgetree het.
“TransNamib het my ’n kontrak vir ’n jaar aangebied om mense hier op Lüderitz te kom oplei. Daar was lank nie ’n trein op die dorp nie en dus het die mense nie die nodige kennis nie,” sê hy.
Jahrs beveilig die treinoorgang in die middestad.
“Ek maak seker voertuie stop sodat die trein met sy vrag veilig van en na die hawe kan ry,” sê hy.
Volgens Jahrs kan daar in die toekoms tot drie treine daagliks op die dorp aankom.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie