SAL kry nu00f3g miljarde
SAL kry nu00f3g miljarde

SAL kry nóg miljarde

Francois Williams - Die tesourie het R16,4 miljard opsygesit vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) oor die volgende drie jaar.

Dit sal gebruik word om die SAL se staatsgewaarborgde skuld en die rente op sy skuld terug te betaal.

Intussen waarsku die tesourie dat die regering “gegewe die beperkte rol wat SA Express in die plaaslike lugdiensmark speel”, sal moet besluit of hy steeds dié susterslugdiens van die SAL wil besit.

SA Express is bankrot en kan nie sy skuld betaal nie. Sy oplopende verliese is die afgelope dekade sowat R1,2 miljard, en die hooggeregshof het beslis dat hy in sakeredding geplaas moet word.

SA Express wil teen dié beslissing appelleer.

Volgens die tesourie het SA Express tot nou toe al R2,2 miljard aan reddingsboeie ontvang. Die staat sal vanjaar 'n verdere R600 miljoen aan hom gee, maar g’n hulp is vir SA Express in die daaropvolgende twee boekjare begroot nie.

Die tesourie moet nog uitwerk presies waar die geld vir die SAL vandaan gaan kom, maar dit sal uit bestaande voorlopige toekennings aan staatsondernemings kom, blyk uit die begrotingsoorsig.

Die regering verwag egter dat nog geld nodig gaan wees om vir die SAL se herstrukturering ingevolge sy sakereddingsplan te betaal. Dié plan gaan binne die volgende paar weke gepubliseer word.

In die komende boekjaar gaan die staat R10,3 miljard aan die SAL gee, gevolg deur R4,3 miljard in die 2021-’22-boekjaar en R1,8 miljard in die 2022-’23-boekjaar.

Volgens die tesourie het hy sedert 2008 al R22 miljard se reddingsboeie vir die SAL gegee. In daardie tyd het die SAL egter meer as R32 miljard se verliese gely.

Soveel kry die ander staatsondernemings:

* Die wapenvervaardiger Denel kry R576 miljoen se bykomende finansiering in die komende boekjaar. Die voorwaarde daarvoor is dat Denel sy omkeerplan vinnig in werking moet stel. Dit sluit in om deelname van die private sektor te ondersoek, sy eiendomme en aanlegte beter te benut, en om ’n toepaslike finansieringsmodel te ontwikkel. Denel het in die afgelope boekjaar reeds R1,8 miljard van die staat ontvang, en hy het staatswaarborge van R6,9 miljard.

* Geen nuwe geld is aan die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) gegee nie. Die staat het reeds in die afgelope boekjaar R3,2 miljard aan die uitsaaier toegeken, waarvan R2,1 miljard al oorgedra is om hom te help om sy rekeninge te betaal. Die oorblywende R1,1 miljard sal na verwagting teen die einde van Maart betaal word.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!