SAL oor 3 j. weer winsgewend, su00ea Jarana
SAL oor 3 j. weer winsgewend, su00ea Jarana

SAL oor 3 j. weer winsgewend, sê Jarana

Die Suid-Afrikaanse lugdiens se skuldlas het in 2017 tot R5,6 miljard verdriedubbel.
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wil binne die volgende drie jaar weer winsgewend wees.

Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die SAL, sê deur die grootte van sy netwerk te verklein en van sy vliegtuie na sy laekoste-diensverskaffer te skuif, kan dié plan realiseer.

’n Ommekeer van die lugdiens is een van die meer dringende prioriteite waaraan Nhlanhla Nene, minister van finansies, aandag moet gee as hy nie soos sy voorganger, Malusi Gigaba, ’n reddingsboei aan die SAL wil gee nie.

Die lugdiens se verlies in die 2017-boekjaar het meer as verdriedubbel tot R5,6 miljard.

Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal, het vroeër gewaarsku dat die lugdiens moontlik nie meer lank as lopende saak bedryf kan word nie.

“Die direksie het nou ’n duidelike strategie en plan vir die lugdiens om weer winsgewend te word,” sê Jarana.

Hy is die eerste heeltydse uitvoerende hoof wat in drie jaar by die lugdiens aangestel is.

“Ons kyk na ’n driejaartydperk om weer gelyk te breek. Ons hou aan om die strategie te hersien soos ons nuwe geleenthede identifiseer.”

Die SAL sal voortgaan om roetes wat teen ’n verlies bedryf word te snoei en alle vliegtuie wat nie gebruik word nie na die winsgewende lugdiens Mango oor te dra, sê Jarana.

Die maatskappy het verlede maand die getal vlugte tussen Johannesburg en die Heathrow-lughawe in Londen gehalveer.

Hy vlieg sedert 2017 óf nie meer na Afrika-hoofstede soos Luanda in Angola, Abuja in Nigerië en Kinshasa in die Demokratiese Republiek van die Kongo nie, óf hy het die getal vlugte na dié stede verminder.

Nuwe vennoot

Jarana sê sy plan om ’n belang aan ’n ekwiteitsvennoot te verkoop, gaan vir eers uitgestel moet word.

Hy het Maandag in ’n onderhoud gesê “ ’n SAL wat sy eie uitdagings oorkom het en geherstruktureer is”, sal waarskynlik makliker ’n belegger lok.

Makwetu sê in sy verslag wat hy Donderdag aan die parlement voorgelê het ses agtereenvolgende jare van verliese, ’n gebrek aan bedryfskapitaal en lenings wat verval, keer die lugdiens om weer winsgewend te word.

In sy poging om vas te stel wat die SAL se finansiële situasie is, het hy gevind die maatskappy het nie sy bates behoorlik gewaardeer nie en ook nie behoorlik rekord gehou van ongewone of verkwistende uitgawes nie.

“Ons praat met die tesourie oor hoe om die plan te finansier,” sê Jarana. “Die plan is goed en ons wil dit toepas.”

Die SAL beplan om sy algemene jaarvergadering voor die einde van Maart te hou.

’n Woordvoerder van die tesourie het gesê sy kan nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Die lugdiens het onder leiding van Dudu Myeni, sy voormalige voorsitter, betrokke geraak by bewerings van wanbestuur en korrupsie.

Myeni is ontbied om Dinsdag voor die parlementêre portefeuljekomitee oor staatskaping te verskyn, maar sy het gesê sy kan nie die verhoor bywoon nie. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!