SAL-sakeredders kry wéér uitstel
William Horne
Die sakereddingspraktisyns van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het opnuut uitstel vir die publisering van hul sakereddingsplan ontvang.
In 'n verklaring Donderdag sê Les Matuson en Siviwe Dongwana, die sakeredders, dat hulle nou eers op 29 Mei die plan hoef te publiseer.
Dis die tweede uitstel wat die sakeredders ontvang het.
Die plan moes oorspronklik op 19 Februarie gereed wees. Die sakeredders het tóé uitstel tot 31 Maart gekry omdat hulle glo nog besig was met die finalisering van die herstruktureringsplan en die stappe wat nodig gaan wees om dit uit te voer.
Die jongste uitstel is op 22 Maart aangevra.
Die sakeredders sê die Covid-19-uitbreking en die daaropvolgende maatreëls wat pres. Cyril Ramaphosa op 15 Maart en sedertdien aangekondig het, het 'n regstreekse impak op die lugdiens en dus ook op die reddingsplan.
Toe die sakeredders hul tweede uitstel-aansoek ingedien het, was die reisverbod nog net van toepassing op internasionale en streekvlugte.
Sedertdien het Fikile Mbalula, minister van vervoer, 'n totale reisverbod aangekondig in pas met die staat van inperking wat Donderdagnag in werking tree.
Geen vlugte sal tot die einde van die staat van inperking, op 16 April, plaasvind nie.
Die sakeredders sê Donderdag dat die vereiste meerderheid van die SAL se krediteure ingestem het tot die uitstel.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie