SAL se 'geheime' dalk só behartig
Francois Williams
As sekere aspekte van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sake weens kommersieel sensitiewe faktore agter geslote deure bespreek moet word, moet die staande komitee oor finansies tien dae voor die tyd deur die adjunkminister van finansies of die voorsitter van die SAL se direksie ingelig word.
Só lui 'n voorstel van die komitee waaroor die lede môre stem.
Dit spruit uit die omstredenheid twee weke gelede toe die SAL-direksie uitgestap het uit 'n komiteevergadering waar hulle oor hul vierde kwartaal verslag moes doen.
Thandi Tobias, wat toe as voorsitter waargeneem het, het besluit die komiteevergadering sal geslote wees, maar DA-lede het skerp daarteen beswaar gemaak en hulle het reeds die dokumente van die SAL in hul hande gehad.
Die nuwe voorstel wat Yunus Carrim, voorsitter van die staande komitee oor finansies, Donderdag vir stemming voorgelê het, is dat geen vergadering van die komitee geslote sal wees nie, maar dele van die vergadering kan wel gesluit word terwyl marksensitiewe inligting bespreek word. Dis nou mits tien dae kennis gegee word van die tesourie en die SAL se kant.
Wanneer sensitiewe sake ten tyde van 'n vergadering ter sprake kom, sal dit ná konsensus van die komiteelede aan die einde van die vergadering bespreek word. As die komitee dan besluit die sake is nie marksensitief nie, sal hy 'n verslag daaroor uitreik of die inligting in 'n oop sessie bespreek.
David Maynier, DA-lid van die komitee, het aangevoer die voorstel sal nie grondwetlik slaag nie.
Adv. Frank Jenkins van die parlement se regsafdeling het gesê die parlement mag nie die publiek of media uit komitees skop nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie