Sam !Khubis eersdaags herdenk
Yochanaan Coetzee - Tydens die jaarlikse Sam !Khubis-feesvieringe op Rehoboth herdenk die Baster-volk hul lewensreddende gelofte aan die Here.
Mnr. Manfred Draghoender, wat reeds 21 jaar by die fees betrokke is, sê vanjaar se geleentheid gaan oor hereniging en lof en om die Here vir die goeie reën te bedank.
“Daar is so baie wat in ons land en in ons dorp gebeur wat nie voldoen aan die morele waardes wat ons in die Bybel ontvang het nie,” sê hy. “Vanjaar wil ons ’n massa-diens hê waar al die kerke in Rehoboth byeenkom as ’n enkele gemeente om die Here te loof vir al Sy seën en om vergifnis te vra vir al die verkeerde dinge in ons se samelewing.”
Vanjaar word meer as 6 000 mense by die fees verwag, insluitend meer as 100 perderuiters en talle gemeentelede in tradisionele drag.
Die program begin op 6 Mei op Rehoboth met 'n pelgrimstog en massadiens waar die onderskeie geestelike leiers en hul gemeentes saamtrek in ’n poging om die dorp te verenig en saam lof aan die Here te bring.
“Ons is een mens in die oë van God en ons moet nie toelaat dat ons deur geloof, ras, klas of enigste iets anders van mekaar geskei word nie,” sê hy.
Daarna sal almal na die Sam !Khubis-terrein naby Klein Aub beweeg, waar nóg dienste, vermaak en die verskillende aspekte van die Baster-kultuur vertoon word. Die Kinders van die Gelofte-jeuggroep sal opvoerings oor die geskiedenis en gebeurtenisse van daardie besonderse dag hou.
Daar sal ook ’n Kapteinsvergadering wees waar die hoogste raad van die Baster-gemeenskap byeen sal kom om probleme in hul gemeente te bespreek en oor die toekoms te gesels.
“Sam !Khubis is veel meer as ’n herdenking van een van die grootse hoogtepunte in ons geskiedenis. Dis ’n tyd waar ons jong mense weer ons tradisies kan ervaar en daaroor leer. Maar dit gee ons ook die geleentheid om te kyk na die huidige toestand van ons gemeenskap en hoe ons kan saamwerk om ’n beter samelewing te skep,” sê mnr. Christopher van Wyk, een van jong leiers van die Kinders van die Gelofte-jeuggroep.
“Hierdie is ons lewende geskiedenis en ons moet dit bewaar sodat dit lewend gehou word. Die trots en erns van die gelofte van destyds moet aan die volgende geslagte oorgedra word,” vertel hy.
“Dit is net soos die vaderlike wette wat in 1872 geskryf is en tot vandag nog geldig is in ons gemeenskap. Ons moet ons erfenis bewaar om ons in die toekoms te lei.”
Dit is juis hierdie passie en toewyding wat dit moontlik gemaak het dat al 45 lede van Kinders van die Gelofte genooi is om na Nederland te reis om opvoerings oor die Baster-kultuur en gebeure daar te hou.
Vanjaar se feestema is “’n Nuwe seisoen” en is geïnspireer deur Jesaja 43: 18-19, en dit, sê Draghoender, wil hulle oor die dorp én hele land uitspreek.
Hy lees dit vir my voor: “Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom. Ek maak in die woestyn 'n pad, ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.”
Die geskiedenis van die Baster-gemeente is nie die oudste in die land nie, maar sy ryk erfenis, kultuur en impak kan nie ontken word nie.
Meer inligting en die program sal nader aan die geleentheid bekend gemaak word. Kontak Draghoender by 085 127 7923.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie