Samaria se groep op missie na Mali
Die Namibiërs het hul oefenkamp in Windhoek afgesluit en het gister die huurvlug na Noord-Afrika gehaal.
Bobby Samaria, hoofafrigter van die Brave Warriors, het gister sy uitsoekgroep van 25 spelers bekend gemaak wat Vrydag in Mali se hoofstad Bamako teen dié nasionale span, bekend as “Les Aigles”, vir hul eerste kwalifiserende botsing vir die 2021 Afrika-Nasiesbeker (Afcon) op die veld sal stap.
Samaria het gisteroggend voor die span se vertrek gesê die groep sluit tien van die land se topspelers in wat buite die landsgrense hul sokker vir beroepsklubs speel.
Ná hul stryd in die Stade du 26 Mars-stadion keer die Warriors Saterdag terug na Namibië vir hul tuiswedstryd teen Mali op 17 November in die Sam Nujoma-stadion in Katutura.
Die breier sê sy span verwag niks minder as 'n positiewe uitslag in Bamako nie. In dié opsig sal selfs 'n gelykopuitslag 'n uitstekende grondslag bied om in die herontmoeting die gesogte drie wenpunte in te samel. Namibië bevind hom tans een ligapunt agter Mali in die kwalifiserende groep A.
Petrus Shitembi sal die leisels as kaptein stewig moet vasvat om sy troepe se senuwees saam met Peter Shalulile, sy adjudant, in formasie te hou.
Mali word tans as die 56ste beste sokkerland deur Fifa gereken, terwyl Namibië as 116de beste volgens die beroepswedders die taak met veel minder selfvertroue behoort aan te pak.
Volgens berigte sluit Mali se spelersgroep net twee manne in wat hul klubsokker in dié land spee. Een van hul verskeie bekende uitvoerprodukte is Aliou Dieng, middelveldspeler van die Egiptiese kampioenklub Al Ahly.
Die Brave Warriors-groep is: Lloydt Kazapua, Virgil Vries, Edward Maova, Ryan Nyambe, Ananias Gebhardt, Riaan Hanamub, Emilio Martin, Vitapi Ngaruka, Larry Horaeb, Denzil Haoseb, Peter Shalulile, Deon Hotto, Dynamo Fredericks, Teberius Lombard, Petrus Shitembi, Immanuel Heita, Obrey Amseb, Absalom Iimbondi, Marcel Papama, Alfeus Handura, Elmo Kambindu, Hendrik Somaeb, Panduleni Nekundi, Salomon Omseb, Benson Shilongo.
– Bygewerk van Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie