Samherji-filiaal moet opdok
Samherji-filiaal moet opdok

Samherji-filiaal moet opdok

'n Maatskappy wat gesamentlik besit word deur 'n filiaal van 'n Yslandse vismaatskappy en Namibiese vennote, is aangesê om werknemers te vergoed wat onregverdig afgedank is.
Ogone Tlhage
Ogone Tlhage – Die onregverdige afdanking in 2018 van die bemanning van die Heinaste – wat deur Samherji besit word – het weer kop uitgesteek om die plaaslike filiaal Arctic Nam te kasty.

Arctic Nam moet 'n gesamentlike betaling van N$407 124 aan die bemanning uitbetaal.

Die Namibiese Nasionale Werkersunie (NUNW) het daarin geslaag dat die kantoor van die arbeidskommissaris beslis het Arctic Nam moet die 23 bemanningslede vergoed wat onregverdig afgedank is.

Mnr. Philip Munenguni van die NUNW het gesê dit is 'n oorwinning vir die afgedankte werkers.

“Hierdie uitspraak is gerig op die bestuur van Samherji wat die oorsaak is dat die bemanning hul werk verloor het,” het hy gesê.



TOT VERANTWOORDING ROEP

Munenguni het daadwerklike pogings aangemoedig om toe te sien Samherji word verantwoordelik gehou vir die bemanning se verlies aan inkomste.

“Samherji kan nie bloot om verskoning vra nie; hulle het baie skade aangerig. Hierdie is die mense wat deur Fishrot geraak is. Wat sal Samherji met hierdie werknemers doen? Dit is hulle wat die skade aangerig het,” het hy gevra.

Volgens hom is die onlangse uitspraak deur die arbeidskommissaris net een stap, en hy het gewaarsku die saak kan tot so ver soos die hoërhof gaan.

“As Samherji nie betaal nie, sal ons nie hier stop nie, ons sal na die hoër howe gaan,” het hy gesê.



BEVINDINGE VAN ARBITRASIE

Die arbeidskommissaris het bevind Arctic Nam kon nie bewys dat hy gebuk gegaan het onder finansiële of meganiese probleme toe die werknemers afgedank is nie.

Volgens die beslissing het Arctic Nam geen bewyse gelewer nie en sy reg verbeur om gehoor te word.

Arctic Nam is opdrag gegee om 12 maande se verlore inkomste aan die aansoekers te betaal, wat neerkom op N$73 080 of N$6 090 per maand vir die gewone bemanning, N$79 164 of N$6 597 per maand vir dekbemanning, N$157 500 of N$13 125 per maand vir die masjinis-ingenieurs en N$97 380 of N$8 115 per maand vir ambagsmanne.

Die arbeidskommissaris het gelas die betaling moet voor of op 30 Julie geskied.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!