Samherji ontken stappe vir uitlewering
’n Yslandse vismaatskappy ontken geregtelike stappe vir die doel van batebeslaglegging en die uitlewering van sommige werknemers.
Ronelle Rademeyer - Die Samherji-groep van vismaatskappy in Ysland sê nog die Namibiese polisie nog ander owerhede wat namens hom optree, het probeer om met sy werknemers oor vervolging in verband met die Fishrot-korrupsieskandaal kontak te maak.
“Die Namibiese owerhede het geen poging aangewend om met huidige of voormalige werknemers van maatskappye verbonde aan Samherji in verbinding te tree nie – nie op eie stoom of in samewerking met ander lande nie,” sê die groep in ’n verklaring wat laat Donderdag uitgereik is.
Dit volg op berigte in die plaaslike media asook deur Ysland se nasionale uitsaaidiens, RUV, dat wetstoepassingsowerhede in Namibië reeds geruime tyd probeer om Samherji se hoof- rekenkundige beampte, mnr. Ingvar Juliusson, en Esja Holding se besturende direkteur, mnr. Egill Arnason, aan Namibië uitgelewer te kry sodat hulle hier vervolg kan word.
Die beriggewing hieroor spruit uit ’n eedsverklaring wat deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se hoofondersoekbeampte in die Fishrot-ondersoek, mnr. Andreas Kanyangela, aan die hoërhof voorgelê is as deel van die aansoek vir die beslaglegging van die bates van die Fishrot-6 en die entiteite wat deur die beweerde korrupsie en bedrog in die toekenning van maasbankerkwotas bevoordeel is.
Komm. Nelius Becker, voormalige hoof van die kriminele ondersoekdirektoraat (CID), het op 5 Junie vanjaar in ’n brief aan Interpol hulp versoek met die opsporing van tien Samherji-werknemers.
Benewens die voorgenoemde twee werknemers, sluit die lys name ook mnr. Thorsteinn Mar Baldvinsson, Samherji se uitvoerende hoof, in.
“Die finansiële ondersoek dui sterk daarop dat die individue sedert 2014 betrokke was by die misdrywe (korrupsie, bedrog, omkopery en geldwassery) wat in die dossier uiteengesit word,” lui die brief aan Interpol.
Samherji ontken dit en sê nie een van sy werknemers word deur Interpol gesoek, of vlug vir die gereg nie.
“Nie die Namibiese polisie of Interpol het probeer om met die betrokke individue te praat nie. Daarom lyk dit nie asof Interpol hoegenaamd op die brief reageer het nie,” sê die Yslandse visreus in sy verklaring.
“Die Namibiese owerhede het geen wetlike outoriteit om vir die uitlewering van Yslandse burgers te vra nie, aangesien daar nie ’n uitleweringsooreenkoms tussen die twee lande is nie.”
Samherji voer verder aan die “polisieman se gedagtes” is sonder gronde en sê nie een van die individue se optrede regverdig vervolging nie.
“Trouens, die Namibiese beamptes blyk ten volle bewus te wees dat nie hulle of enige owerheid wat namens hulle optree, stappe teen Samherji se huidige of voormalige kan doen nie,” sê die maatskappy in sy verklaring.
Intussen het die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, verlede week in ’n onderhoud aan Republikein gesê “misdaad het nie grense nie” en Namibië werk met ander lande saam om werknemers van die Samherji-groep te kan vervolg.
Sy het in haar funderende eedsverklaring ter ondersteuning van die aansoek om beslaglegging ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca), nr. 29 van 2004, gesê Samherji se finansiële voordeel uit die viskwotaskandaal het sowat N$547 miljoen beloop. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie