Samherji oor afleggings
Die Yslandse maatskappy sê hy is van voorneme om al sy verpligtinge teenoor sy Namibiese werknemers na te kom.
Leandrea Louw
op Walvisbaai
Werkers aan boord die vissersboot die Geysir, wat tans in Mauritanië werk, sal hul werk behou, terwyl sowat 210 ander werknemers van die Yslandse vismaatskappy Samherji binnekort afgelê sal word.
Só sê die maatskappy wat homself tans midde-in die Fishrot-korrupsieskandaal bevind.
Werkers aan boord die Geysir het 'n verklaring oor die omstandighede uitgereik.
“Ons het 'n kontrak vir drie maande geteken en op salarisse ooreengekom wat volgens ons regverdig is. Ons is bereid om ons huidige kontrakte te verleng indien nodig. Ons is vrywilliglik aan boord, ons word goed behandel en die bemanning hou goeie moed. Ons het toegang tot ons families in Namibië.”
Vantevore is berig die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) se adjunkpresident, mnr. Phillip Munenguni, sê hulle probeer kontak met die werkers in Mauritanië maak.
Dié werkers sê egter in hul verklaring niemand van die NUNW of die Namibiese Vakbond vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) het hulle of hul families al probeer kontak nie.
Mnr. Bjørn Johansen, 'n Samherji-woordvoerder, het verduidelik die eerste stap in die afleggingsproses vir bemanningslede van die Geysir wat nie vir die Mauritanië-operasie gehuur is nie, asook vir die Saga-bemanningslede, is op 24 Februarie gedoen.
“Alle bemanningslede sal die geleentheid gebied word om oor afleggingspakkette te onderhandel wat hul regte sal eerbiedig soos volgens die Namibiese arbeidswet.”
ARBEIDSWET
Johansen het ook verduidelik die Heinaste se bemanningslede, wat in 2018 afgelê is, het op 3 Desember verlede jaar volgens 'n eenparige besluit deur die raad van direkteure van Arcticnam Fishing betaling ontvang.
“Dié besluit is deur verteenwoordigers van alle Namibiese aandeelhouers in Arcticnam Fishing ondersteun. Dit is deur die raad tydens 'n vergadering op 24 Oktober 2018 bespreek. Alle betalings is volgens Namibië se arbeidswet gedoen.”
Munenguni sê daar is nie oor afleggingspakkette onderhandel nie.
“Dié werknemers het hul huise en karre verloor. Hulle het nie voorkeur geniet toe die boot aan Saga Seafood verhuur is nie. Hulle het tydelike werkers gewerf, wat hulle vir die hele 2019 uitgebuit het, en dié tydelike werkers het sonder enige kontrak gewerk.”
Boonop is in 'n ooreenkoms, wat vroeër die maand deur die twee vakbonde en werkers van die verskeie bote onderteken is, versoek dat Samherji se topbestuur tydens Maandag se vergadering teenwoordig is.
Niemand het opgedaag nie.
Mnr. Björgólfur Johannsson, Samherji se waarnemende uitvoerende hoof, het verduidelik dis gewone praktyk om plaaslike verteenwoordigers te hê.
“Die uitvoerende hoof of besturende direkteure woon selde vergaderings met vakbonde by. Dit is ook belangrik om te onthou ons Namibiese verteenwoordigers en raadgewers het 'n beter begrip van die Namibiese wetsraamwerk en die betrokke saak, en die groep se uitvoerende lede het volle vertroue in hulle. Ons verstaan hoekom die uitvoerende hoof se teenwoordigheid vereis is, maar ongelukkig kon hy nie van Ysland af vlieg om die vergadering by te woon nie.”
VERGOEDING
Oor hoe Samherji vir die ongeregtigheid teenoor Namibiërs gaan vergoed, het hy gesê die maatskappy is toegewy aan regverdige sakepraktyke oral waar hulle betrokke is.
“Om hierdie rede het Samherji met die hulp van die internasionale regsfirma Wikborg Rein in Noorweë in November 'n interne ondersoek van stapel gestuur ná beskuldigings teen die maatskappy.
“Die proses fokus op 'n duidelike en onpartydige oorsig van die feite. Die span wat die ondersoek hanteer, hoop om sy bevindings in April te maak.”
Johannsson het gesê die groep was sedert 2012 aktief in die Namibiese visbedryf en het sedert dié tydperk groot in die sektor belê.
“Samherji se onttrekking uit Namibië het in November 2018 begin toe die vennootskap met Arcticnam Fishing nie hernu is nie. Die vennootskap is op 'n vyfjaarkontrak gebaseer.
“Voor die kontrak aan die einde van 2018 verstryk het, is die gesamentlike ondernemings in kennis gestel dit sou nie verleng word nie.
“Samherji se disinvestering in Namibië is daarom 'n proses wat teen die einde van 2018 begin het. Soos reeds gesê, sal die groep al sy verantwoordelikhede teenoor werknemers in Namibië nakom.”
Johannsson het verder verduidelik Samherji is in gesprek met alle belanghebbers.
“Alle besluite oor die groep se onttrekking aan Namibië is in noue samewerking met die Namibiese owerhede geneem.
“Ons glo die Namibiese samelewing in die algemeen sal baie daarby baat as ons die fabriekvissersboot die Heinaste in Namibië in werking kan kry, maar die vaartuig is weer deur die Namibiese owerhede teruggehou.
“Groot belange is op die spel vir ons Namibiese vennote, die bemanning en hul families.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie