Sampioene bring geld in die sak
Sampioene bring geld in die sak

Sampioene bring geld in die sak

Tanja Bause
Me. Emma Fransiskus staan langs die pad tussen Otavi en Grootfontein waar sy omajovas verkoop. Sy staan soggens sesuur op nadat dit gereën het en begin soek na die fynproewerskos wat in die veld op termietheuwels groei. Toe Republikein by hulle stop, het sy en twee vriende reeds 200 sampioene gepluk om aan verbygaande motoriste te verkoop. Teen 11:00 was daar net nog sowat 60 oor. “Wanneer dit reën en die grond nat is, kom dit uit en jy moet wikkel om dit te oes. Die diere hou ook baie van omajovas en as jy nie vinnig is nie, vreet hulle alles op. In die reëntyd kan ons met die verkope van die omajovas goeie geld maak en ons inkomste aanvul,” het Fransiskus gesê. Sy verkoop die omajovas vir tussen N$10 en N$50. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!