Samsung bring bekostigbare virtuele realiteit
Jy probeer verniet keer dat jou eerste ervaring van die virtuele werklikheid (VR) sonder ’n óé en ’n áá of ’n wow of drie gepaardgaan. Selfs relatief goedkoop toerusting kan jou sintuie laat saamspeel om jou brein te oortuig dat fantastiese dinge werklik met jou gebeur.
So is dit ook met Samsung se Gear VR-bril, wat jy tot onlangs as deel van ’n spesiale aanbod gratis saam met jou nuwe Galaxy S7-slimfoon kon kry. As jy dié aanbod gemis het, kan jy die Gear VR afsonderlik vir ongeveer R1 500 koop. Benewens die S7 werk die Gear VR ook saam met die Galaxy S7 Edge, die Note5, die S6 en die S6 Edge.
Duurder VR-produkte, soos HTC se Vive of Oculus se Rift, werk tipies saam met ’n kragtige rekenaar, maar in Samsung se geval is een van bogenoemde toestelle al wat jy nodig het om die bril te gebruik. Konnekteer die toestel met die bril via die mikro-USB-punt en klik die verstelbare armpie toe om dit stewig in plek te hou, en daar gaat jy. Die foon sal outomaties die program oopmaak wat jou toegang gee tot Oculus se VR-webwerf, waar jy moet registreer sodat jy ’n verskeidenheid programme kan aflaai wat jou virtuele wêreld sal ontsluit (Oculus bedryf Samsung se VR-produkte).
Jy kan kies uit ’n klompie programme. Verskeie daarvan is gratis en sal vir ’n heel goeie begin sorg. Dit wissel van virtuele ervarings met animasie en speletjies tot by apps wat jou toelaat om jou eie video’s en foto’s in verrykte vorm te kyk – nie ware virtuele werklikheid nie, maar nogtans ’n belewenis.
Vir jou eerste kennismaking: Gaan sit op ’n gerieflike stoel waarop jy maklik na enige kant kan draai en met niks naby wat jy kan afstamp nie. Sit die bril op jou gesig en wag dat die webwerf se “ontvangsportaal” laai en oopmaak. Die eerste keer sal selfs hierdie deel jou al na jou asem laat snak, ’n vreemde gevoel dat jy iewers in die middel van ’n oneindige ruimte hang.
Dan kan jy begin aflaai.
Daar is byvoorbeeld Unimersiv, waar jy kan kies tussen ’n virtuele besoek aan die Internasionale Ruimtestasie, Stonehenge of die menslike anatomie van binne gesien. Of The Night Cafe, ’n huldeblyk aan Vincent van Gogh, wat jou toelaat om ín van sy skilderye rond te loop.
My eie gunsteling tans is StreetView VR, waarmee jy enige Google Streetview-fotoreeks in volle driedimensionele glorie kan sien. Vinnige besoekie aan die Eiffeltoring, enigiemand? -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie