Samsung Pay dalk eersdaags hier
Samsung onderhandel met die land se vyf grootste handelsbanke om nog voor einde vanjaar deel te word van sy kaartlose betaalstelsel.
Samsung Pay, wat ’n kombinasie van gesigsherkenning, irisontleding en vingerafdrukke as sekuriteit gebruik, is net een van die nuwe projekte wat pas saam met sy nuwe premium-slimfone bekend gestel is. Die Galaxy S8 en S8 Plus – teen onderskeidelik R15 499 en R17 499 – is die afgelope week in New York bekend gestel.
Hoewel die Suid-Afrikaanse mark al hoe meer gewoond raak aan tegnologie om met ’n bankkaart net aan ’n kaartleser te raak om ’n betaling te doen, is die gebruik van nabye-veldkommunikasie (NFC) om betalings met selfone te doen nog nie alledaags nie.
Craige Fleisher, Samsung se direkteur vir geïntegreerde mobiliteit in Suid-Afrika, verduidelik dat die inwerkingstelling van NFC-kaartmasjiene in winkels stadig geskied. Dít is waarom hulle hoop dat hul tegnologie – wat ook versoenbaar met ouer magneetlesers sal wees – groot aftrek as ’n betaalmetode sal kry.
Fleisher spog veral met die bykomende veiligheid wat Samsung Pay sal bied. “Daar sal altyd minstens een metode (van herkenning) vereis word om betalings te doen.”
Indien vennootskappe met die groot banke suksesvol is, wil Samsung dit ook na hul ander, bekostigbaarder selfone uitbrei.
Die nuwe fone gebruik die nuwe herkenningstegnologie vir verskeie doeleindes. Die foon kan ontsluit word deur net na die skerm te kyk of die foon sal jou pupille herken indien jy nie dadelik die wagwoord intik nie, of die lig te sleg is om ’n volledige gesigsherkenning te doen.
Samsung Connect
Samsung het met die bekendstelling verskeie beloftes gemaak om sy markaandeel en reputasie te herstel ná die Note 7-debakel waar selfone se batterye ontplof het.
Een van die grootste beloftes is dat die gonsterm “internet van dinge” ’n realiteit gaan word met ’n nuwe sagteware-platform: Samsung Connect. Die begrip beteken dat al jou toestelle met mekaar geïntegreer kan word. Die voorbeeld wat gebruik is, is dat jy in die winkel gou op jou foon kan kyk wat in jou yskas is sodat jy weet watter inkopies om te doen.
Fleisher sê die “internet van dinge” was tot dusver ’n leë belofte omdat daar te veel probleme was. Verskillende vervaardigers kon hul eie toestelle integreer, maar sodra ’n toestel van ’n ander vervaardiger ter sprake kom, het die kaartehuis ingetuimel.
Daarom laat Samsung ander vervaardigers toe om hul toestelle toeganklik vir die Samsung-platform en tegnologie te maak. Fleisher sê hulle werk ook saam met Suid-Afrikaanse vervaardigers in dié verband.
“Dink net, Bixby (Samsung se nuwe kunsmatige-intelligensie-assistent soos Siri van Apple) kan jou herinner om jou besproeiingstelsel deur jou foon te aktiveer op grond van inligting oor reënval en grondvog.”
Die Suid-Koreaanse elektronikamaatskappy weet dat sy nuwe selfone ’n maak-of-breek-situasie is, sê Sung Yoon, ’n visepresident.
“Selfone vorm tussen 60% en 70% van ons toestelverkope.”
Selfs as die hele Samsung-bedrywighede van komponente soos televisieskerms, rekenaargeheuestafies en onderdele vir huistoestelle in ag geneem word, vorm selfone steeds sowat 30% van alle verkope.
Die nuwe S8 en S8-plus het ’n verbeterde selfiekamera, daar is ’n nuwe DeX-toestel waarmee jy jou selfoon in ’n byna volledige persoonlike rekenaar kan omskep en die hele foon is herontwerp. Die tuisknoppie is verwyder om meer plek vir ’n skerm te maak en die skerm se raam is weggevat vir die skep van ’n oneindigende skerm (infinity display).
Van die wêreld se mees kritiese tegnofiele wat in New York was om die foon te beproef, het oorwegend positiewe eerste indrukke gepubliseer. Die konsensus is dat die S8 en S8 Plus een van die mees estetiese – indien nie die mooiste nie – selfone tot nog toe is. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie