Samsung se reusagtige TV kom teen massiewe prys
Ernstige liefhebbers van bobaastelevisies met kristalhelder skerms sal juig oor die gevorderde tegnologie waarmee hierdie peperduur toestelle spog.
Petrus Malherbe – Samsung se nuwe, massiewe 8K platskermtelevisie se skerm is byna 2,5 m breed en kos glo byna R1 miljoen.
Dié Suid-Koreaanse tegnologievervaardiger het Dinsdagaand sy nuwe reeks superluukse 8K-platskermtelevisies op ’n geselligheid in Melrose Arch, Johannesburg, aan joernaliste en lede van die publiek bekend gestel.
Die reusemodel van 2,5 m (98 duim) is verreweg die duurste model, met ander, kleiner, modelle wat jou steeds meer as R76 000 uit die sak sal jaag.
Ernstige liefhebbers van bobaastelevisies met kristalhelder skerms waarvan die kleure as’t ware soos warm lawa gloei, sal egter juig oor die gevorderde tegnologie waarmee hierdie peperduur toestelle spog.
Samsung se nuwe Q900-reeks televisies gebruik onder meer die maatskappy se splinternuwe Quantum-verwerker. Dié kragtige stuk hardeware verbeter selfs hoëdefinisie-uitsendings tot “byna” 8K-kwaliteit, spog Samsung.
Die Q900-reeks is beskikbaar in verskillende groottes.
Daar is die 65 duim-model wat R77 000 kos, die 75-duim model wat R113 000 kos, die 82 duim-model wat R180 000 kos en dan die bielie: die 98 duim-model wat na bewering tot R1 miljoen kos.
Samsung kon Dinsdagaand nog nie die prys van die 98-duim model bevestig nie. Sony het in die afgelope weke sy eie 8K-televisie van dieselfde grootte bekend gestel (hoewel oorsee).
Sony se model kos ook in die omgewing van R1 miljoen hoewel die plaaslike prys ook nog nie bevestig is nie.
Wat presies is 8K?
’n 8K-televisie verwys na enige toestel waarvan die skerm se breedte uit 8 000 pieksels bestaan.
Vertikaal bestaan hierdie toestelle uit sowat 4 000 pieksels, wat beteken ’n ware 8K-toestel se skerm bestaan uit 8 000x4 000 pieksels, die meeste wat dit tans uit kan bestaan.
’n 8K-televisie bestaan dus uit twee keer soveel pieksels as ’n 4K-televisie, wat tot onlangs die “beste” tipe TV was.
Terselfdertyd is video wat in 8K verfilm is, vier keer skerper as hoëdefinisievideo van 1080p en ses keer skerper as 720p.
Kortom beteken dit ’n 8K-toestel se beeld vertoon helderder met merkbaar meer besonderhede wat sigbaar is. Kleure, veral swart, vertoon ook dieper. Trouens, ’n fliek of televisiereeks wat in 8K verfilm is en op ’n 8K-televisie gekyk word, sal hiperrealisties lyk, asof jy na die ware Jakob staar in stede van ’n fliek.
Vir nou word daar nog bitter min beeldmateriaal in 8K verfilm juis omdat daar nog te min 8K-televisies bestaan. Samsung meen egter dit gaan binne die volgende paar jaar verander en raai gebruikers aan om nou al “in die toekoms” te belê deur een van sy toestelle aan te skaf.
Wat kan hierdie televisies nog doen?
Buiten vir die uitstekende kwaliteit van die beeld het die Q900-reeks televisies ook ingeboude kunsmatige intelligensie wat sowel beeld as klank aanpas by die kamer waarin die televisie is.
Die skerm absorbeer as’t ware oorbodige lig in die vertrek. Dit beteken dat sonlig (of kunsmatige lig) reguit op die skerm kan skyn, maar dit sal nie weerkaats nie.
Die Q900 absorbeer die oorbodige lig sodat beelde steeds perfek vertoon in alle omstandighede.
Die Q900 doen ook weg met oorbodige drade. Die televisie word deur ’n enkele veselkoord aan ’n spesiale boks verbind waaraan alle ander toestelle verbind.
Jy koppel dus jou Blu-ray-speler of jou DStv-dekodeerder aan hierdie boks eerder as aan die televisie om so onnodige drade en verbindings te vermy.
Samsung se nuwe, spoggerige televisies is van vandeesweek af op voorafbestelling beskikbaar. Die maatskappy sal dit ook in jou huis gratis kom installeer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie