Samsung sing Note8 oor beste bestellings nóg
Die voorafbestelling vir Samsung Electronics se nuwe Galaxy Note8 is die meeste nog vir dié reeks slimfone.
Die voorafbestellings is reeds sowat twee en 'n half keer meer as wat die Note7 teen dié tyd gehad het.
Samsung hoop die slimfoon gaan sy markaandeel beskerm. Sy mededinger Apple het later gister die jongste iPhone bekend stel.
Die Note8 se verkope begin Vrydag in Amerika, Suid-Korea en ander lande.
Die voorafbestellings het binne vyf dae sowat 650 000 in 40 lande beloop.
bemoedigend
DJ Koh, president van Samsung Electronics se selfoonkommunikasie, beskryf die voorafbestellings as “baie bemoedigend”.
Die toestel kom ná die Note7, wat altyd onthou sal word vir die brande wat sy battery veroorsaak het en wat ná 'n paar maande aan die mark onttrek moes word teen 'n koste van miljarde dollars.
Samsung is egter steeds die wêreld se grootste slimfoon-verkoper, volgens Koh.
Die Note8 kos in Amerika tussen US$930 en US$970, ingesluit oproep- en dataplanne.
Volgens kundiges begin dit 'n era van duurder toestelle met 'n US$1 000-plus iPhone wat hulle verwag bekend gestel gaan word. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie