San as randgemeenskap ontevrede met uitsluiting
Klagskrif aan parlement oorhandig
Augetto Graig – Hoofman Joseph /Gomoseb van die Hai-||kom San was gister baie tevrede om as afgevaardigde van Opperhoof Ananias Saroseb ’n klagskrif aan die waarnemende sekretaris van die Nasionale Vergadering Joyce Nakuta te oorhandig.
Saam met ’n handjievol Namibiese San en steun van die United People’s Movement (UPM) se parlementslede mnr. Jan van Wyk en me. Elizabeth Becker, kon /Gomoseb ná tien jaar van sukkel sy boodskap amptelik oordra.
Die groepie is egter nie toegelaat om naby die historiese Tintenpalast parlementsgebou te kom nie en onder hewige polisietoesig moes die ontmoeting omstreeks 12:00 by die Zoo Park in Windhoek se middestad plaasvind.
“Lede van die San gemeenskap is baie teleurgesteld dat ons uitgesluit word vanaf verskeie nasionale kwessies, soos die onderhandeling tussen Namibië en Duitsland oor volksmoord,” lees die klagskrif.
“Ons voorouers is vir baie, baie jare deel van hierdie land en ons het ook onder the Duitse koloniale regering gely. Ons word uitgesluit.”
Eerstens eis die San om by die onderhandelinge betrek te word en tweedens wil hulle aandag vestig op voortdurende diskriminasie teen hulle, en die inval van grond toegeken aan hulle en sonder hul raadpleging, lees die klagskrif verder.
“Die oplossing wil ons hê, dat ons ook deel moet word van die land wat vandag onafhanklik is. Ons wil deel word van onse moederland. Ons wil deel in hierdie land se vrugte en seëninge. Ons wil deel word omdat dit ons voorvaderlike grond is. Ons is nie inwoners nie. Ons voorouers was hier kom gevind, so ons soek onse voorreg van die land, om as ’n stam erken te word,” het Saroseb in ’n stemnota uit Otjiwarongo die kern van hul saak opgesom.
Ook teenwoordig was me. Monica Kashe, wat amptelik reeds op 23 November die aansoek by die Speaker ingedien het om die klagskrif aan die Nasionale Vergadering te kan oorhandig. Sy het toe ’n lys aangeheg van bykans veertig handtekeninge van mense in die Omahekestreek wat die klagskrif onderteken het.
As ’n inleiding lees die dokument: “Ons word geklassifiseer as ’n randgemeenskap en mens kry die indruk dat andere namens ons kan besluit, sonder ons deelname.
“Ons let op die mislukking van die mense wat voorgee hulle verteenwoordig die San gemeenskappe. Dis duidelik uit die gesprekke in die parlement oor die konsep gesamentlike verklaring tussen die Republiek van Namibië en die Federale Republiek van Duitsland dat die San gemeenskappe uitgesluit is.
“Ons word daagliks onderdruk deur ander groepe en ervaar diskriminasie; hulle val onwettig grond in wat deur gemeenskapsleiers aan San gemeenskappe toegeken is.”
Die klagskrif sal volgens Nakuta onder die aandag van die Speaker, prof. Peter Katjavivi, gebring word. Volgens Van Wyk sal dit waarskynlik dan na die betrokke staande komitee verwys word, wat insette van alle belanghebbers sal aanvra. “Dis nog ’n lang pad,” het hy gesê.
Intussen probeer /Gomoseb ook vir president Hage Geingob oor die kwessies benader. Hy het laas week ’n voorbereidende besoek aan Staatshuis afgelê en hoop die staatshoof sal hom kan sien kort nadat Geingob uit die buiteland terugkeer.
– [email protected]
FOTO
Hoofman Joseph /Gomoseb en me. Monica Kashe van Omaheke streef om die stem van Namibië se San hoorbaar te maak. FOTO AUGETTO GRAIG

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie