San gebruik spaargeld vir wateraanleg
Bewaring
Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se waterinfrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging.
Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewaringsgebied moet daagliks kilometers ver loop om water te gaan haal omdat hul waterinfrastruktuur gebreek is.
“Die gebrek aan water bring op 'n daaglikse basis onmiddellike probleme daarmee saam,” lui 'n mediaverklaring van die Nyae Nyae Ontwikkelingstigting van Namibië (NNDFN).
“Hulle kon nog nie met hul tuine of ander voedselsekuriteitsprojekte begin nie weens die gebrek aan water.”
Verlede jaar by die jaarvergadering van die N‡a Jaqna-bewaringsgebied het die gemeenskap besluit om hul eie fondse te gebruik om die waterprobleem te takel. Die inkomste kom van hul eie ondernemings soos trofeejag.
“Dit stel die inwoners in staat om hul eie betroubare waterbronne te kry en hulle het nou 'n kans om hul eie voedselsekuriteit te verbeter.”
Vanjaar het hul belegging vrugte afgewerp en vir die eerste keer in jare ervaar hulle die verligting dat hulle water het.
Inwoners van die Kankudi-nedersetting het vir meer as tien jaar gewag dat hul waterinfrastruktuur herstel word.
“Dit is 'n bewys dat die inkomste van bewaring die gemeenskappe bemagtig en hulle in staat stel om hul eie probleme op te los. Dit maak die inwoners selfonderhoudend en skep 'n siklus vir volhoubaarheid,” lui die verklaring. Die uitwissing van hul inkomstebron uit trofeejag deur die reisbeperkings van die Covid-19-pandemie skep egter 'n nuwe uitdaging.
“Gelukkig het die bewaringsgebied vroeër gespaar vir die maer jare soos nou ondervind word. Die basiese onderhoud van die waterinfrastruktuur kan dus voortgaan sonder steun van elders.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie