San José-wrak so waardevol, ligging bly ’n geheim
Die Spaanse skip die San José word as die skat der skatte van skeepswrakke bestempel en daarom sal sy ligging weens sy onskatbare waarde ’n geheim bly.
Só lui die verklaring van die Woods Hole Oceanographic Institution (WHOI).
Hulle het onlangs toestemming van die konsultante van die maritieme argeologiese-instituut in Switserland en die regering in Columbia verkry om nuwe besonderhede oor die soektog na die skip, wat 300 jaar gelede gesink het, bekend te maak.
Die skip, wat drie maste gehad het, het in 1708 met 62 kanonne en ’n vrag wat miljarde dollar werd is, het ten tyde van ’n geveg met Britse skepe in die Spaanse Oorlog gesink. Aan boord was onder meer goud, silwer en edelgesteentes.
Die legendariese wrak is in 2015 naby die kus van Cartagena in Colombia, deur internasionale wetenskaplikes en ingenieurs in water 600 m diep ontdek. ’n Robot-duikboot is onder meer in die soektog gebruik.
“Die robot kan langdurige soektogte oor ’n wye gebied doen,” sê die Mike Purcell, ingenieur van WHOI.
Die ligging van die skip se laaste rusplek was dekades lank een van die tergendste geheime vir argeoloë, geskiedkundiges, regerings en skattejagters en in seevaartgeskiedenis.
Dieselfde Remus-robot is al gebruik om die Titanic se ligging te karteer. Dit is ook al ingespan om na vliegtuigwrakke in die see te soek.
Nadat die soektog aanvanklik niks opgelewer het nie, is historiese dokumente weer nagegaan en die see weer in ruitpatrone deursoek.
Die wrak is met sonartoerusting bespeur en aan sy eiesoortige kanonne van brons met gegraveerde dolfyne uitgeken.
Die ontdekking van die San José hou waardevolle historiese en erfenisinligting vir Colombia in omdat daar soveel artefakte aan boord was.
Dit kan ’n blik op die ekonomiese, maatskaplike en politieke klimaat in Europa van destyds gee.
Die regering beplan om ’n museum en wêreldklaslaboratorium te bou. Die wrak se inhoud sal daar uitgestal word. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie