San kry sonpanele, boorgatpompe
San kry sonpanele, boorgatpompe

San kry sonpanele, boorgatpompe

Sanet de Waal
’n Duitse skenker, Elektrisitätwerke Schönau, het saam met Terrasol Namibia twee nuwe boorgatpompe en sonpanele aan die San-bewaringsgebiede Nyae Nyae en N‡a Jaqna geskenk en geïnstalleer. Die bewaringsgebiede het reuseverliese aan inkomste gely weens die impak van die Covid-19-pandemie op die toerismebedryf. Dit beteken daar was ook minder fondse beskikbaar om die nedersettings se waterpunte in stand te hou. Die Duitse welsynsorganisasie “Miteinander Neue Wege Gehen” het vooraf die gebied rondom die boorgate skoongemaak. Elektrisitätwerke Schönau het die waterpompe en sonpanele geskenk en Terrasol Namibia het in November die pompe en panele gratis in die bewaringsgebiede geïnstalleer. Die gemeenskappe kan nou in tuine en veeboerdery belê omdat water nou beskikbaar is. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!