San-meisies word bemagtig
San-meisies word bemagtig

San-meisies word bemagtig

Die afsluiting van 'n twee en halwe jaar lange projek genaamd “San-meisies verhoed kinderhuwelike en vroeë swangerskappe” is onlangs in Windhoek gehou.

Die projek is deur die Women's Leadership Centre (WLC) aangebied en die ambassade van Finland het dit gefinansier.

Twintig San-meisies van die nedersettings by Omega 1, Tsintsabis, Witvlei en Drimiopsis het die afsluitingseremonie bygewoon.

Die direkteur van die WLC, mr. Elizabeth /Khaxas, het gesê met die projek is 150 meisies in die ouderdom van 8 tot 14 bereik.

“Die meisies het van hul menseregte, hul geskiedenis en kultuur, die uitdagings van puberteit, die voorkoming van kinderhuwelike, kindermishandeling, vroeë swangerskap en MIV geleer,” het sy gesê.

Me. Ayesha Wentworth van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het die meisies aangemoedig om trots op hul kultuur te wees.

“Alle meisies moet in die skool wees. Ek weet dat julle baie probleme ondervind om skool klaar te kan maak. Ek bewonder julle omdat julle kies om skool toe te gaan, al is julle honger of wil eerder tuis by jul families bly. Ek prys julle vir jul vasberadenheid om skool toe te gaan, selfs wanneer julle nie skooldrag of basiese toiletware het nie. Ek weet van baie San-meisies wat skool toe gaan, selfs al word hulle geboelie en name genoem as gevolg van wie hulle is.

“Jy is 'n opvoeding waardig, jy is waardig om liefgehê en vir omgegee te word. Jy is waardig omdat jy uniek is. Onthou dit altyd,” het sy gesê.

“Ons sien jul gees - julle is sterk, moedige en sterk meisies. Ons het groot hoop vir julle. Deur te verseker dat julle op skool bly, verseker ons dat toekomstige geslagte San-mense ook goeie onderwys ontvang en uit die siklus van hulpeloosheid kan ontsnap,” het sy gesê.

Die San-meisies het stories, tradisionele en moderne liedjies, asook danse opgevoer.

Die dag is afgesluit met die oorhandiging van sertifikate. Die meisies het belowe om die projek in hul nedersettings voort te sit, ondanks 'n tekort aan finansiering.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!