San se bosoond staan by die see
Des Erasmus
Toe die Vermaaks van die gasteplaas sowat 20 km van die Botswana-grens daar aangekom het, het hulle eerste met 'n lid van die San-gemeenskap, ene Kortman, kennis gemaak.
Gou het die bostelegraaf die boodskap gedra van die goeie mense van die plaas. Vandag is daar 12 werkende San-mense op die plaas en saam met hul kinders is hulle 30.
Hulle staan kniediep in die toerismebedryf en leer ambagte soos sweis- en houtwerk. Hulle ry selfs saam met die Vermaaks see toe om daar te ontspan, maar om ook as sakelui aan byeenkomste soos die naweek se Hentiesfees deel te neem.
Een van hul voorstes is John Saubek, wat op Henties in 'n kraampie ook as verkoopsman van Zelda diens gedoen het.
Die trots van die Zelda-kommune was bosoondjies wat hulle geprakseer het nadat hulle die sweiskuns bemeester het.
Met 10 van die oondjies is daar saam met die Vermaaks see toe gery en toe die tentpenne Saterdagaand gelig is, was daar nog net een oor. Houtskoolkole doen die verhitting vir die silindervormige oondjie waarbinne die broodpan staan. In die kraampie is ook skilderkuns op hout en houtwerk van die Vermaaks self - Lewies, Bianca en Tanya.
Hulle is saam met toeriste veld toe waar hulle hul unieke veldkennis oordra. Sawends, tot die besoekers se vermaak, is tradisionele danspassies uitgevoer. En elke dag word al hoe meer vaardighede aangeleer.
'n Nuwe ontwerp wat nou nagevors word, is houtstompe waarop driepootpotjies in 'n veldkombuis kan staan.
Die mense van Zelda toets nog die mark met byeenkomste soos die Hentiesfees. 'n Eerste probeerslag was die Grootfontein-skou.
Vir John was dit nie 'n eerste kennismaking met die see nie.
Hy was al voorheen saam met die Vermaaks langs die kus en sommer 'n groepie veldmense was al op 'n plesiervaart op 'n bootjie wat dolfyntoere onderneem.
In die Hentieskraampie moes 'n rukkie op John gewag word. Hy het net gou vir hom en die Vermaaks 'n paar koeldranke gaan koop.
Kortman bly nog op Zelda, maar ouderdom en siekte het hom ingehaal. Nogtans is hy tevrede dat daar, danksy die Vermaaks, ook vir hom en sy nageslag 'n staanplek in die nuwe Namibië gevind is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie