San se reg tot gesondheid verwaarloos
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste poog onverpoos om Sansprekendes as gesondheidswerkers in diens te neem.
Henriette Lamprecht – Die San is die enigste etniese groep in Namibië wie se gesondheidstatus sedert onafhanklikwording in 1990 afgeneem het.
“Die San het sommige van die slegste gesondheidsaanwysers, insluitend hoër koerse van wanvoeding sowel as sterftes onder kinders en volwassenes en ’n hoër siektelas,” lui ’n verslag van Amnestie Internasionaal wat sê die Namibiese regering het daarin misluk om die gepaste en vereiste ingrypings en behandeling te verskaf om tuberkulose (TB) en multi-middele weerstandige tuberkulose (MDR-TB) onder die San te takel.
Die las van TB onder die San is byna 40% hoër as die nasionale gemiddeld en die bevolkingsgroep het ook ’n hoër risiko dat hul behandeling sal misluk.
In die lig hiervan is die lewensverwagting van die San “aansienlik laer” as Namibië se nasionale gemiddeld.
Die verslag sê die regering het sy verpligting verontagsaam om die San se reg tot gesondheid te beskerm, bevorder en te vervul. Dit fokus op die San-gemeenskappe van die Tsumkwe-distrik in die Otjozondjupastreek en die Drimiopsis-nedersetting in Omaheke.
Dié inwoners ervaar hoë vlakke van werkloosheid, maatskaplike marginalisering en armoede, faktore wat hul weerbaarheid tot TB verhoog, omdat hulle nog die inkomste nog die hulpbronne het om goeie gesondheid te handhaaf, lui die verslag. Bydraende faktore is onvoldoende toegang tot gesondheidsorg, skoon water en sanitasie.
Hoewel die meeste landelike Namibiërs soortgelyke afstandverwante struikelblokke in die gesig staar in toegang tot gesondheidsgeriewe, vererger die San se verkeie sosioëkonomiese uitdagings insluitend die gebrek aan onderrig, finansiële tekorte en swak toegang tot openbare vervoer, hul onvermoë in toegang tot geriewe wat in sommige gevalle 80 km ver geleë is.
Ook hier sê die organisasie het die regering gefaal om die voorsiening van mobiele uitreik- en verlengingsdienste in die mees afgeleë gebiede te prioritiseer.
Dit verwys na primêre gesondheidsgeriewe wat in terme van fisiese infrakstruktuur, personeel, medisyne en toerusting ver tekort skiet en nie oor die kapasiteit beskik om in die gesondheidsbehoeftes van die San te voldoen nie.
Taal word uitgesonder as ’n groot struikelblok, met die meerderheid gesondheidsverskaffers wat nie die dialek verstaan of praat nie. Dit lei tot misverstande, swak verhoudings met pasiënte en negatiewe uitkomste omdat pasiënte se simptome en dit wat van hul vereis word, nie verduidelik kan word nie.
Die verslag sonder ook kulturele verskille uit wat lei tot diskriminasie, verbale teistering en voorkeurbehandeling aan ander etniese groepe. Die San is gevolglik huiwerig om hul tradisionele mediese waardes en praktyke te deel wat kon verseker dat tradisionele en biomediese behandelings mekaar komplementeer.
Die meeste San-ma’s en babas staar ernstige gesondheidsgevolge in die gesig, met swangerskapverwante TB wat geassosieer word met ’n sterftekoers van tot 40% onder ma’s wat nie behandel word nie.
Die verslag maan die ware omvang van TB onder die San is meestal onbekend. Met verwysing na die land se nasionale TB-program wat “uiters afhanklik” van eksterne finansiering vir TB-beheer is, is talle gemeenskapsgebaseerde projekte deur nieregeringsorganisasies gedwing om hul werksaamhede af te skaal of op te skort.
Tog sê die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste by monde van sy uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, het die voorkoms van gevalle verlede jaar afgeneem van 314 per 100 000 inwoners tot 263 per 100 000 inwoners.
Nangombe sê Tsumkwe is verantwoordelik vir tussen 70% en 90% van gevalle van MDR-TB. Volgens hom het die ministerie die eerste sorgsentrum in die land vir MDR-TB met ’n ambulans in Tsumkwe gevestig, terwyl aparte tente vir dié pasiënte en hul families verskaf word. Tuinprojekte vir voedselsekuriteit in samewerking met die ministerie van landbou, water en bosbou het egter doodgeloop.
Volgens Nangombe was die sukses van behandeling in die twee hoofdistrikte wat San-gemeenskappe huisves bo die teiken van 90%.
Hy erken die uitdagings van taal en sê nie baie opgeleide gesondheidswerkers is San-dialekte magtig nie.
Volgens hom is ’n volgehoue poging aangewend om Sansprekendes as gesondheidswerkers in diens te neem.
“Die regering het toegangsvereistes vir opleiding verlaag, verskaf volle beurse en gee ook voorkeur aan indiensneming in die staatsdiens,” het hy gesê.
Hy het egter erken nie almal wat hul opleiding voltooi het, kies om terug te keer na die gebiede waar hulle vandaan kom nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie