SAN soek insette oor sekuriteitswagte se vergoeding
Die Sekuriteitsvereniging van Namibië (SAN) soek insette vanaf sy filiale en lede oor die vergoeding van sekuriteitswagte in die land.
Die insette word versamel sodat ’n eenparige posisie ingeneem kan word rakende die sekuriteitsbedryf se onderhandelinge met die ministerie van arbeid.
Die SAN ontvang sedert 9 April insette en beplan om Woensdag 14 April die insette te bespreek voor ’n konsepdokument saamgestel word en teen 14 Mei aan deelnemers teruggestuur word. Teen 28 Mei verwag SAN om met die kommissie oor vergoeding te ontmoet en om ’n finale konsep teen 14 Julie by die ministerie in te dien.
Sekuriteitswagte in Namibië het meer as vyf jaar laas ’n salarisverhoging ontvang.
Foto argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie