San staan saam teen brandgevaar

Augetto Graig
Augetto Graig - Die San-gemeenskap in Namibië het ’n proaktiewe benadering tot die beperking van skade wat deur veldbrande in die laat droëseisoen van September en Oktober veroorsaak word.
In 2012 het bykans 50% van die Nyae Nyae-gebied gebrand, met die gevolg dat lewens verloor is, diere omgekom het en weiveld verwoes is. Sulke vure eis nie net onmiddellike slagoffers nie, die hele gemeenskap, wie se lewensmiddele ook deur die vlamme vernietig word, ly ook skade.
Sowat 35 inwoners van die Nyae Nyae-­bewaringsgebied, die M’kata-gemeenskapwoud en die N?a Jagna-­bewaringsgebied het verlede maande by Klein Bode-kamp opleiding ontvang oor die stig en bestuur van beheerde voorbrande. Hulle was in die veld om plekke waar groot hoeveelhede plantmateriaal voorkom vroegtydig af te brand. Die voor­koming van laatseisoenvure is veral belangrik gesien in die lig van klimaatverandering.
Die plaaslike San-gemeenskappe,­ die ministeries van landbou, water en bosbou en van die omgewing en toerisme, asook die Europese Unie het saam die klimaatverandering-aanpassingsfonds genader om die opleiding te finaniser.
Hulle het met die hulp van onder meer die Nyae ­Nyae-ontwikkelingsfonds van Namibië, die direktoraat van bosbou en Namparks Projekte die opleiding aangebied.
Me. Lara Diez van die Nyae Nyae-ontwikkelingsfonds sê “samewerking tussen belanghebbendes en gemeenskapsbemagtiging is die sleutel tot sukses”. Sy sê die gebruik van vroegtydige voor­brande strook met die San se kulturele tradisie waarvolgens hulle verkies om in die koeler maande van April tot Junie beheerde vure te stig ten einde later meer gevaarlike veldbrande­ te voorkom.
Die San is deeglik bewus van die ekonomiese impak van veldbrande en is bekommerd dat ’n toename in laatvure al groter stukke veld in die Nyae Nyae-gebied en die gemeenskapwoude vernietig. “Voorkoming en opleiding is uiters belangrik,” sê sy.
Die huidige droogte dra by tot die probleem en tans kan ’n enkele vonk, sigaretstompie, ’n stuk glas of selfs die weerlig ’n veldbrand veroorsaak, sê Diez.
Voorbrande kan gemaak word om die “brandstof” te verminder, veral rondom dorpe of kosbare weidingshulpbronne. Tot op hede is 62 km² van hoëgevaargebiede voortydig gebrand en meer sal volg nadat ’n verdere ontleding van die hoërisiko­gebiede voltooi is, sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!