San van Gobabis se pleidooie geïgnoreer
Hoewel die San-groep na die gemeenskapsvergadering genooi is, is geensins na hulle geluister nie.
Augetto Graig – Die swaar lot van San-inwoners van die Omahekestreek val steeds op dowe ore, volgens hoofman Joseph /Gomoseb, wat glo aangerand is nadat hy Maandag ’n gemeenskapsvergadering op Gobabis bygewoon het.
By die vergadering het hy geen spreekbeurt gekry nie en die bykans 50 lede van die San-gemeenskap wat saamgegaan het, is glad nie gehoor nie. “Ons is ontevrede,” sê hy van dié uitkoms.
Nog erger was toe die hoofman en sy volgelinge ná die vergadering in die donkernag moes terugstap vanaf Gobabis se dorpsgebied na hul slaapplekke in Kanaan C, A en B, waartydens drie mans /Gomoseb aangerand, met messe gedreig en met ’n staalpyp geslaan het.
“Ek is met ’n yster geslaan,” sê hy. ’n Vroulike lid van die groep is ook gesteek en ontvang tans behandeling op Gobabis, sê hy.
“Hulle het my in die vergadering, voor al die mense gesê hulle sal my wys. Hulle sê ek het nie die reg om daar mense se swaarkry te bepleit nie, omdat ek die San in Okahandja verteenwoordig. Hoe moet ek dan maak as die mense my hulp vra omdat niemand wil luister nie?” wou hy weet. Volgens /Gomoseb kan hy steeds nie slaap nie en die pyn raak snags erger, maar hy was bang om in Gobabis behandeling te soek ingeval hy by die hospitaal ingewag word.
Sy baadjie is gedurende die aanval geskeur, sy geld gesteel en sy amptelike stempel stukkend geslaan.
Die vergadering, bestem vir 15:00, het ’n uur laat begin en tot donker geduur, met insette van adjunkminister Royal /Ui/o/oo, amptenare van sy departement vir randgemeenskappe in die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, die Omaheke-streekraad en die Omaheke-goewerneur, mnr. Pio Nganate. Plaaslike media berig dat Nganate verslaggewers verbied het om die vergadering by te woon.
Vrae wat aan dié ministerie se amptelike kommunikasiekanale gestuur is, was teen druktyd nog onbeantwoord.
Die amptelike uitkoms van die vergadering, presies watter staatsbeamptes betrokke was, kwessies wat uitgelig is, en hoekom geen vervoer of polisiebegeleiding vir /Gomoseb en sy mense voorsien is nie, bly onbekend.
Sommige bywoners soos mnr. Willem Agarop het ure gestap om deel te neem. Hy sê: “Dis ons wat probleme het en ons wat die chief (/Gomoseb) geroep het omdat ons klomp probleme reeds afgegee het, maar daar was nooit oplossings nie.”
Hoofmanne in Omaheke wat deur die regering erken word, hanteer nie probleme van die San in Gobabis nie, sê hy.
’n Gobabis-inwoner en San-gemeenskapslid mnr. Joseph Bok sê sy huisgesin het vier maande laas by die ministerie kospakkies gekry.
Sekere families het verlede Saterdag kos gekry, sê hy, maar die amptenare wat die regeringshulp uitdeel, besluit wie kry en wie kry nie, net soos hulle voel. “Ons name word net gebruik. Ons maak net die getalle vol,” sê hy.
Me. Maria Anton het ook die vergadering bygewoon. “Ek het gesien daar is nie hulp vir ons nie. Hulle wou nie hê ons moet praat nie. Daardie komiteelede ken my nie, hulle ken nie my huis nie. Ons van Omaheke, Gobabis; ons word nie gehelp nie. Selfs die goewerneur sien ons net so,” sê sy.
Volgens /Gomoseb bly sowat 1 700 San-mense op Gobabis.
FOTO’s Augetto Graig
Hoofman Joseph /Gomoseb wys sy ribbe waar hy na Maandag se gemeenskap vergadering op Gobabis met 'n yster geslaan is. Hy sê sy baadjie is ook geskeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie