San wil óók met Duitsland onderhandel
Opperhoof ‡Arexab het in 1904 in 'n geveg met Duitsland gesneuwel, sê die Hai-||kom San oor insluiting in die vergoedingsgesprek met Duitsland.
Augetto Graig
Opperhoof Ananias Saroseb van die San se koninklike |No-||Ao Khoin-stam en sy adjunkhoof, Joseph /Gomoseb, van die Hai-||kom San gaan vandag saam met me. Monica Kashe van die United People’s Movement (UPM) by Zoo Park in Windhoek met ondersteuners vergader.
Hulle wil die Nasionale Vergadering (NV) versoek om die San in te sluit by die voortgesette onderhandelinge met Duitsland vir vergoeding aan die nasate van mense wat slagoffers van die volksmoord van 1904-’08 was.
In ’n stemnota aan Republikein verduidelik opperhoof Saroseb dat opperhoof Fritz ‡Arexab en sy mense in 1904 deur die Duitse koloniale soldate uitgewis is. Dit nadat ‡Arexab weens ’n grondgeskil teen Duitsland begin veg het. Saroseb sê ‡Arexab was die leier van die eerste inheemse bevolking in die land.
Hierdie geskiedenis is opgeteken deur die Museumvereniging van Namibië (MAN) en is volgens /Gomoseb bekend aan president Hage Geingob. Hy probeer al sedert verlede jaar om met die staatshoof daaroor te praat.
Dusver is die onderhandeling tussen Namibië en Duitsland oor die volkmoord op die Nama- en Herero-voorvaders, met verteenwoordigers van hulle nasate gevoer sonder om die San daarby te betrek. Die San is een van die armste randgemeenskappe in die land.
Kashe het verlede week in ’n verklaring haar dank teenoor die UPM-leier. mnr. Jan van Wyk. uitgespreek, wat verlede jaar die kwessie van die San se deelname in die onderhandelinge in die parlement geopper het.
“Dit is duidelik dat van die ander leiers slegs die San-gemeenskape gedurende verkiesings ken, maar hulle is nie bereid om vir ons te praat wanneer dit nodig is nie. Dit is nie langer aanvaarbaar nie,” sê sy.
Volgens Kashe is dit teen hierdie agtergond dat sy besluit het om die politieke roete te volg en kwessies wat die San raak, te takel.
“Ek vra dus my mense vir die ondersteuning wat ek nodig het sodat ons stem gehoor word. Die tyd het aangebreek dat ons moet besluit oor ons eie toekoms en dié van ons nageslag. Ons kan nie meer staatmaak op diegene wat voorgee om ons te verteenwoordig nie. Kom ons doen dit self,” sê sy.
Van Wyk sê beamptes van die Nasionale Vergadering het ingestem om die versoekskrif te ontvang en die sekretaris van die parlement, me. Lydia Kandetu , sal hulle twaalfuur ontvang. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie