Sand en see lewer aksie soos min
Genadelose roetes het teen Vrydagaand reeds nege slagoffers geëis wat nie die eerste dag se strawwe uitdaging kon voltooi nie.
Tielman van Lill
Die derde en vierde ronde van die Shell V-Power-tydrenreeks is die afgelope naweek buite Swakopmund beslis waaraan 19 spanne deelgeneem het.
Dit was die laaste twee, beslissende rondes van die 2020 nasionale tydrenkampioenskap. Walvisbaai-motorklub, wat die twee byeenkomste gereël en aangebied het, het opnuut gewys waar hul harte en passie vir dié sportkode lê.
Net vier uit tien karre het Vrydag se besonder strawwe byeenkoms voltooi.
Allan Martin en sy navigator, Maretha Olivier, het Vrydag die S4-klas met sy J&P Hydraulics 4x4 Skoda R5 oorheers deur die nege skofte in 46 minute 44 sekondes af te lê.
Sy seun Zachary Martin saam met Mandi Olivier was slegs 2 minute 37 sekondes stadiger in die tweede posisie (eerste in S3-klas) met 49:21 in Groenmamba, hul J&P Hydraulics 4x4 VW Polo S2000.
Paul Oosthuizen en Johan du Plessis (Toyota Corolla, derde algeheel in 57:22) wen die S1-klas, gevolg deur Pieter Greeff en JP Robinson (Team Mohatu) in sy Sealconsultingengineers 4x2 Toyota Corolla wat die stophorlosie op 1:04:48 laat staan het.
Die Challenge-klas (CR1) het slegs drie slagoffers vir die dag opgelewer en ses uit nege spanne het die dag suksesvol voltooi.
Bertie Smit (BS) en Dewald Venter palm die eerste posisie met sy BS Contracting Services Mazda Magnum (58:05) in, gevolg deur Morné Oosthuizen en Etienne van der Heever (1:01:23) met hul LMO Paints Zarco.
Jacques Kruger en Roche Louw eindig derde in 1:04:55 (Team Crazy Gecko) in 'n Toyota Hilux Revo.
Die spanne wat Vrydag die aftog moes blaas weens meganiese teenspoed was: S4-klas: Oswaldo Mendes en Cecil Koortz (Subaru), De Wet du Plessis/Willem Hugo (BMW E36), Wilro Dippenaar/Carolyn Swan (Ford Fiesta). S2-klas: Jan Everson/Fanie Botes (VW Polo). S1-klas: Gino Meyer/Riaan Hennop (Toyota Corolla) en Steven Marnewick/Jodine van Zyl (BMW). CR1-klas: Joao Coimbra/Hugo Arangies (Ford Courier), Rolf Pretorius/ Katja Pretorius (Sandmaster) en Wido Bartch/Raymond Fourie (Ford Courier).
Die diensspanne het deurnag gespook om die voertuie te herstel en Saterdagoggend was nege karre in die Rally-klas by die wegspringstreep gereed vir aksie, terwyl agt spanne vir die CR1-klas aangemeld het.
Allan Martin/Maretha Olivier (S4) oorheers opnuut die toneel en blits die agt skofte in 54:39 af. Oswaldo Mendes/Cecil Koortz (S4) is tweede in 1:02:27, gevolg deur Zachary Martin/Mandi Hugo (eerste S3-klas) in 1:03:09.
Jan Everson/Fanie Botes is die enigste voltooier van die S2-spanne (VW Polo, algeheel vierde in 1:04:24), gevolg deur Pieter Greeff/JP Robinson (S1-klas eerste en algeheel vyfde) in 1:09:16 en Paul Oosthuizen/Johan du Plessis (S1 tweede en algeheel sesde) in 1:11:46.
Die CR1-klas se uitslae: 1 Morné Oosthuizen/Etienne van der Heever (1:01:48), 2 Bertie Smit/Dewald Venter (1:12:16), 3 Jacques Kruger/Roche Louw (1:12:22), 4 Gert Liebenberg/Johan Thiart (V8 Tata-bakkie, 1:12:35), 5 Ewald Bisschoff/Hein Bisschoff (Nissan NP300, 1:14:27).
Die spanne wat Saterdag moes onttrek: S4-klas: Wilro Dippenaar/Carolyn Swan. S1-klas: Steven Marnewick/Jodine van Zyl. CR1-klas: Joao Coimbra/Hugo Arangies, Wener Bartsch/Kobus Mulder, Rolf Pretorius/Katja Pretorius.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie