Sandman ’n groot sukses
Benita Kasch het Sondag haar vinnigste tyd met 5 uur 9 minute 36 sekondes sedert haar eerste deelname in 2016 behaal.
Tielman van Lill
Benita Kasch, wat Sondag die FNB Sandman-halfystermankompetisie in Swakopmund gewen het, is saam met Adele de la Rey moontlik Namibië se suksesvolste deelnemer aan dié byeenkoms.
Kasch het Sondag haar vinnigste tyd met 5 uur 9 minute 36 sekondes sedert haar eerste deelname in 2016 behaal, toe sy derde in 6:14:24 geëindig het. In 2017 verbeter sy na 5:32:45, 2018 (5:25:30), 2019 (nie deelgeneem nie), 2020 (5:09:45).
Die gesoute De La Rey het van 2012 reeds sewe keer die ultra-afstand (1,9 kilometer swem, 90 km fietsry, 21,1 km hardloop) voltooi en vier keer gewen.
Kasch het aan Republikein gesê: “Ek is in my noppies met die ultra vanjaar. Die weersomstandighede was baie beter as vorige jare s’n wat vir kalm water en minder wind op die fiets gesorg het.
“Ek het goed geswem en ek is tevrede met my vertoning op die fiets. Ek het gemik om vinniger tye vir dié drie dissiplines te behaal, maar ek het nie genoeg vir die langafstande geoefen nie.
“Maar in geheel is ek tevrede. Ek is natuurlik bly my vriedin, Lelani Swart, het tweede (5:39:27) in haar eerste ultra-kompetisie gekom. Baie geluk aan Anri Krugel met haar derde (5:50:35) posisie en al die ander atlete wat deelgeneem het.”
Namibië se toekomstige o.15-driekampsterre, Hilde-Marie Olivier en Nathan Chase (beide 1ste in sprint) het gewys hulle is op die regte pad vir groter dinge. JG van der Westhuizen (1ste), Petrus Human (2de) en JF Labuschagne (3de) het in die standaardafdeling (1 km, 40 km, 10 km) gewys hulle kan Namibië nog internasionaal verteenwoordig.
Tien vinnigste tye vir die ultra-afstand sedert 2012
1 (2012) Corinne Berg (Suid-Afrika) 4:55:58 (rekord), 2 (2020) Risa Dreyer 4:59:21, 3 (2021) B. Kasch 5:09:36, 4 (2020) B. Kasch 5:09:45, 5 (2016) Sylvia Tromp (Suid-Afrika) 5:16:36, 6 (2018) Adele de la Rey 5:18:39, 7 (2019) Melissa Hinz 5:18:42, 8 (2013) Irene Steyn 5:23:15, 9 (2018) B. Kasch 5:25:30, 10 (2017) De la Rey 5:26:53.
Belangrikste individuele uitslae vir 2021
Mini (150 m, 6 km, 3 km)
o.15-meisies: 1 Jemima-Rose Bekker (40 minute 32 sekondes), 2 Emma Brinkmann (42:43), 3 Jessica Bombosch (44:01). Seuns: 1 Matt-Reece Izaaks (32:39), 2 James Langford (35:39), 3 Stefan Kruger (38:54).
15 jaar en ouer. Elite-vroue: 1 Bianca McKenzie (42:08), 2 Verena Matthies (50:16), 3 Azalia Arendse (56:48). Elite-mans: 1 Wotan Coetzer (51:26), 2 Koos Pretroruis (57:39).
Sprint (400 m, 20 km, 3 km)
o.15-meisies: 1 Chloe Rossouw (1 uur 16:30), 2 Maja Brinkmann (1:16:32). Seuns: 1 Nathan Chase (57:26), 2 Micah Chase (1:07:38), 3 Rylan Bombosch (1:14:06).
40 en jonger. Elite-vroue: 1 Hilde-Marie Olivier (1:00:14), 2 Laurika Burger (1:13:08), 3 Louise Engels (1:15:52). Elite-mans: 1 Ethan Snyders (59:53), 2 Yenik Brinkmann (1:08:39), 3 Adriaan Maritz (1:13:00).
Veterane. Vroue: 1 Bronwen Chase (1:12:08), 2 Charmaine Shannon (1:13:02), 3 Debbie Baillie (1:14:48). Mans: 1 Greg Chase (57:27), 2 Richard Reid (1:10:52), 3 Christof Van Niekerk (1:19:42).
Standaard (1 km, 40 km, 10 km)
40 en jonger. Elite-vroue: 1 Julia Jansen van Rensburg (2:26:51), 2 Jocelle Wessels (2:53:00), 3 Marian Laubscher (2:53:31). Elite-mans: 1 JG van der Westhuizen (2:10:31), 2 Petrus Human (2:10:58), 3 JF Labuschagne (2:13:57).
Veterane. Vroue: 1 Marion Schonecke (2:41:36). Mans: 1 Peter Brinkmann (2:12:33), 2 Michiel Greeff (2:19:41), 3 Cobus Moolman (2:27:22).
Meesters. Vroue: 1 Berrit Graf (3:32:54). Mans: 1 Stefan Bohlke (2:22:46), 2 Jean Marais (2:24:46), 3 Paddy Murphy (2:26:44).
Ultra (1.9 km, 90 km, 21.1 km)
40 en jonger: Elite-vroue: 1 Benita Kasch (5:09:36), 2 Lelani Swart (5:39:27), 3 Anri Krugel (5:50:35). Elite-mans: 1 Konrad Marais (4:35:24), 2 Herbert Peters (4:47:37), 3 Jan Louis Mostert (5:05:00).
Veterane. Mans: 1 Horst Neumann (5:30:47).
Meesters. Vroue: 1 Gerda Horn (5:55:23), 2 Marion Himmel (6:27:30). Mans: 1 Christo Horn (5:31:38). - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie