Sandmynery is ‘n omgewingseuwel
Boubedryf stimuleer die vraag
Dr. Kobus Laubscher - Die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) het verlede week kommentaar gelewer op ‘n ernstige omgewingsgevaar waaroor min gepraat word, naamlik sand. Sand word benodig om die geweldige vraag daarna in die kontruksiebedryf te bevredig.
Verstedeliking is besig om toe te neem en die sogenaamde groot stede net groter. In 2010 het nagenoeg 757 miljoen mense in die 101 grootste stede gewoon. Dit was 11% van die wêreldbevolking. Teen die einde van hierdie eeu kan daar tussen 6,9 en 13,1 miljard mense op die aarde wees, met tussen 15% en 23% wat in dié groot stede sal woon, dus 1,6 tot 2,3 miljard. Dié tendens het voordele in terme van die vraag na voedsel, maar die impak op die omgewing is verreikend.
Teen 2012 is daar genoeg beton vervaardig vir konstruksie om ‘n muur van 27 meter hoog en 27 meter wyd al met die ewenaar langs om die aarde te bou. Hierdie beton benodig sand.
Eenderde van die aarde se oppervlakte is woestyn en mens sou dink daar is genoeg vir die doeleindes van bouwerk. Ongelukkig is hierdie sand nie geskik vir beton nie, aangesien die sandkorrels as gevolg van die wind, te rond is om doeltreffend met die sement te bind. Sand moet dus op ander maniere onttrek word.
Ironies genoeg het Dubai sand invoer vanaf Australië virv vir die reusebouprojekte wat daar aan die gang is.
Volgens die Internasionale Wildlewefonds (IWF) het veral sandmyne in rivierbeddings die risiko van klimaatsveranderings geweldig verhoog. Die natuurlike vloei van water, veral stormwater, word beïnvloed met dikwels katastrofiese gevolge.
Daarmee saam word ekostelsels vernietig met verdere negatiewe impak op die omgewing en die gebiede se natuurlike vermoë om klimaatuiterstes te kan hanteer.
Singapoer is ‘n eiland met ‘n baie aggressiewe groeistrategie. Teen 2030 wil die eiland ‘n totale ontwikkelde oppervlakte van 575 vierkant kilometer hê, wat ‘n hele 25% meer is as in 1965 toe begin is met die ontwikkeling.
Dit het tot gevolg gehad dat Singapoer die wêreld se grootste sandinvoerder geword het, met Indonesië die vernaamste verskaffer. Die impak op die omgewing was skrikwekkend, want as gevolg van die onttrekking van sand, het 24 eilande reeds sedert 2005 verdwyn.
Sanduitvoere na Singapoer is nou verbied. Daarmee het Indonesië Maleisië se voorbeeld gevolg, wat dit reeds in 1997 van krag laat word het. Kambodja het in 2007 ook sanduitvoere na Singapoer verbied.
Sandontginning is ook ‘n groot besigheid in China wat gekenmerk word deur versnelde verstedeliking. Shanghai het al met 7 miljoen mense gegroei sedert 2000.
Onwettige sandmyne is egter aan die orde met ‘n geweldige impak op die omgewing, wat lei tot erosie en onbeheerbare vloede.
Die gevolglike skade is enorm, maar nietemin woed daar ‘n oorlog tussen wetstoepassers en die myners wat die sand voorsien.
Namate wetstoepassing verbeter, skuif die mynaktiwiteite net verder op langs die riviere. Die wêreld se grootste sandmyne word hier aangetref.
Die myn van sand uit riviere is egter nie net beperk tot die Ooste nie. In Kalifornië is die myn van sand ook verbied as gevolg van die skade aan strande, wat weer ‘n verdere negatiewe impak het.
Die vloei van riviere word versteur en die impak daarvan is groot en gewoonlik vir die rekening van die staat. Onlangse oorstromings as gevolg van vloede is juis omdat die betrokke plaaslike regerings nie waterafvoer-kanale behoorlik in stand gehou het nie.
Daarmee saam het behuisingsontwikkelings ook gebiede beset wat nie stabiel genoeg was vir normale en bonormale reën nie en dié huis se fondasies is gewoon weg gewas.
Sand is ‘n belangrike onderdeel van ‘n omgewing in balans. Daar is bewyse in Suid-Afrika dat die myn van sand uit die Tugelarivier tot gevolg het dat die normale waterhouding in sandbeddings en wat sorg dat die rivier standhoudend vloei, tot so ‘n mate versteur is dat die rivier op plekke opgedroog het.
Daar is geen buffer wat water kan opgaar en loslaat nie.
Baie voorbeelde bestaan waar die onttrekking van te veel sand, sodanige negatiewe impak op die omgewing het dat blywende veranderings negatiewe gevolg het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie