S&P het nou ook groot banke afgradeer
S&P het nou ook groot banke afgradeer

S&P het nou ook groot banke afgradeer

Nellie Brand-Jonker

Nedbank het beleggers wat in sy skuldbriewe belê, ingelig dat sy gradering saam met Suid-Afrika se staatskuld en ander banke se skuldbriewe verder in rommel afgesleep is.

Die internasionale kredietgraderingsagentskap S&P het Woensdag alle banke en ander ondernemings wat hy gradeer in Suid-Afrika se skuldbriewe ook afgegradeer.

Nedbank sê dit volg nadat S&P die land se staatskuld afgegradeer het.

S&P het verduidelik finansiële instellings kan nie ’n gradering hê wat bo die land se staatskuld gegradeer is nie. Dit hou verband met die regstreekse en nieregstreekse impak wat ’n land se nood op plaaslike banke se bedrywighede het.

“Gevolglik word enige verandering in die gradering van die land se staatskuld outomaties in die kredietgradering van Suid-Afrikaanse banke weerspieël.

“Die afgradering van die land se staatskuld toon die politieke onsekerheid en die ekonomiese probleme waardeur Suid-Afrika in die gesig gestaar word en die gradering van die land word outomaties in die banke s’n weerspieël,” sê Mike Brown, Nedbank se uitvoerende hoof.

Brown sê Nedbank het homself, sy bedrywighede en sy balansstaat voorberei vir die omgewing wat deur ’n afgradering geskep gaan word.

S&P het nou die gradering op Nedbank en die ander banke se buitelandse skuld tot twee kerwe onder beleggingsgraad verlaag tot BB van BB+. Dit is dieselfde as die land s’n.

Ook sy skuldbriewe wat plaaslik uitgereik word, is verder in rommel afgradeer in lyn met die land s’n. Die banke se plaaslike skuldbriewe was reeds op rommel.

Die ander banke wat ook afgradeer is, sluit in: die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika; Barclays Africa; Investec, BNP Paribas Personal Finance Suid-Afrika, FirstRand, Capitec en Absa.

Ook Transnet is afgegradeer en is nou vir die eerste keer ook plaaslik op rommel soos die land.

Moody’s het Vrydag in ooreenstemming met sy aankondiging oor die land se staatskuld ook die vyf groot banke vir ’n afgradering op hersiening geplaas.

S&P sê die finansiële sektor van Suid-Afrika is winsgewend en goed gekapitaliseerd en banke het ondanks die swak bedryfstoestande sy verwagtinge oortref. S&P verwag ook nie dat die rand se likiditeit gaan afneem nie weens die valutabeheer in die land wat dit moeilik maak om geld na die buiteland te neem.

Die graderingsagentskap het ook opgemerk die ander banke is nie blootgestel aan grootskaalse herfinansieringsrisiko’s nie of ’n ommekeer in beleggers se sentiment nie. Dit is danksy die banke wat nie werklik blootstelling aan die internasionale markte het waar skuldbriewe uitgereik word nie.

“Dit is ’n belangrike onderskeidende eienskap vergeleke met ander opkomende markte,” sê S&P. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!