Sandput kos Willie Els eerste posisie
Sandput kos Willie Els eerste posisie

Sandput kos Willie Els eerste posisie

Die Afrika-kampioenskap vroeg in volgende jaar in Egipte is een van die geleenthede wat vir junior spelers in die vooruitsig is.
Die Namibiese Junior Gholfstigting (NJGF) het sy negende toernooi vir die jaar laas naweek by die Walvisbaai gholfklub aangebied.

Afgesien van die A-afdeling, waar spelers 36 putjies op 'n medaljeformaat gespeel het, was daar nog vier ander afdelings.

Ná die eerste 18 putjies was drie spelers (Willie Els, Janneman Brand en Charlie Lohmann) die gesamentlike voorlopers op 81 houe. Gedurende die tweede ronde het Els 'n voorsprong van vyf houe opgebou, maar was ongelukkig om op die 17de putjie in 'n sandput verstrengel te raak waar hy gesukkel het om uit te kom. Sy wenkans was daarmee heen en uiteindelik het Charlie Lohmann met 161 houe as die wenner uit die stryd getree, met Els en Brand gesamentlik tweede met 165 houe elk.

Jackson Kawaya het die A-afdeling gewen (netto telling 148), nadat hy ook die beste ronde van die dag met 78 houe gespeel het.

Die B-afdeling is gewen deur Conner Gibson met 'n briljante ronde en 44 punte. Tweede was Bertie Coetzee (36 punte).

Die C-afdeling se wenner was Bradley Gawanab (38 punte), voor Bertha Joseph en JP Johnson beide op 30.

Die beginnergroep was verdeel tussen kinders onder 9 en kinders onder 7. Die o.9-groep is deur Tapi Katsvara gewen met 37 houe, twee voor Rudi. Die o.7-wenner was Marcel Stiemert (40 houe), met Milan tweede op 53.

Spel het die oggend in gunstige weer begin, maar die wind het in die namiddag sterker geword en sake bemoeilik vir spelers in die A-afdeling wat twee rondes van 18 putjies gespeel het.

Die NJGF bedank die Walvisbaai-gholfklub wat die junior spelers elk met 'n middagete en 'n medalje vir deelname bederf het.



SPELER VAN DIE JAAR

Met die laaste toernooi vir die jaar afgehandel, is Cilliers Sachse as die speler van die jaar bevestig nadat hy drie uit die nege Junior Ope toernooie gewen het. Hy is tans ook eerste op die nasionale merietelys.

Die speler wat die meeste vordering getoon het, was Jackson Kawaya

Die wenner van die Skoleliga was Charlie Lohmann van St. Paul's wat die A-afdeling gewen het; Conner Gibson (International School Walvis Bay) het die B-afdeling gewen, Bradley Gawanab (Kuisebmond School) die C-afdeling en Tapi Katsvara van St. Paul's die D-afdeling.

Die topnege seuns op die nasionale merietelys (Cilliers, Willie, Charlie, Janneman, Hendry, Jackson, Michael, Todd en Yuri) sal saam met hul afrigter Jaco van Reenen na George in die Suid-Kaap reis vir 'n gholfkliniek vanaf 27 November tot 8 Desember.

Die hoofafrigter van die Suid-Afrikaanse junior span, Val Holland, sal die kliniek aanbied. Die seuns sal ook teen 'n nasionale junior span te staan kom ter voorbereiding op die Afrika-toernooi wat in Maart voorlê. Die land se vier beste junior seuns wat na die kontinentale kampioenskap in Egipte reis, sal aan die einde van Januarie aangekondig word.



GOLD CUP BY BUITEKLUB

Die Klipdrift Gold Cup is jaarliks een van die gesogte toernooie op die plaaslike kalender en word môre en Sondag by die baan van die Windhoek Buiteklub gespeel.

Spelers in die A- en B-afdelings sal altesame 54 putjies oor die twee dae speel, terwyl 36 putjies vir die C-afdeling voorlê.

Die afslaantye is soos volg, met die voorgee-indekse van die topspelers in die toernooi tussen hakies:

07:30 Edwin Kutara (Windhoek, 1.5), Likius Nande (Rössmund, 0.5), Grant Mather (Rössmund, 0.2).

07:40 Stanley Gawanab (Walvisbaai, 0.7), Cilliers Sachse (Omeya, 1.9), Kevin Wentzel (Walvisbaai, 2.1).

07:50 Karl Swarts (Windhoek, 3.3), Janneman Brand (Omeya, 3.3), Jonas Katti (Windhoek, 3.5).

08:00 W Lohmann (Windhoek, 3.9), Walter Heibeb (Tsumeb, 4.1), A Crossman (Windhoek, 4.2).

08:10 J Goagoseb, W Els, C Lohmann.

08:20 D Haimbodi, C Heunis, H Mudge.

08:30 J Mather, T Burger, S Matheus.

08:40 H Ndjendja, C Beuke, J Martin.

08:50 G van Wyk, C Okamaru, C Abrahams.

09:00 T Gurirab, H Kadhila, K Johnson.

09:10 P Johnson, V Petersen, C van Graan.

09:20 M Buys, S Mertens, T Nehoya.

09:30 W Emvula, P Grobler, H Schmidt (Junior).

09:40 J Stoffels, M Chipfupa, H Schmidt (Senior).

09:50 M Kapewasha, C Claassen, JP Johnson.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!