Sanef veroordeel hardhandige hantering van joernaliste
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Dinsdag die hardhandige hantering van joernaliste deur metropolisielede by die Durbanse stadsaal veroordeel.
Luidens ’n verklaring van Sanef is joernaliste Dinsdag by ’n DA-mediakonferensie oor bewerings van bedrog en korrupsie deur agt gewapende metropolisiebeamptes genader en beveel om die stadsaal te verlaat. Dié bevel het glo gekom van Zandile Gumede, eThekwini-burgemeester, se kantoor.
Joernaliste is intussen ook verhoed om by die stadsaal in te gaan om die mediakonferensie by te woon. ’n Chaos het uitgebreek toe joernaliste die rede vir hul wegwysing vra en hulle is hardhandig deur metropolisiebeamptes verwyder.
Die mediakonferensie het uiteindelik op die trap van die stadsaal voortgegaan.
Sanef het Dinsdag ’n beroep op die stadsvaders in Durban gedoen om dié aangeleentheid te ondersoek om ’n herhaling daarvan te verhoed.
“Om joernaliste toegang tot ’n mediakonferensie te weier is nie net ongrondwetlik nie, maar ontneem die publiek toegang tot inligting. Om die polisie te gebruik om ’n mediakonferensie te monitor is ook ’n taktiek van intimidasie wat ons as ondemokraties beskou,” sê Sanef, wat veral bekommerd is oor dié aanslag op die media in die aanloop tot die verkiesing.
“Enige persoon, organisasie of politieke party wat gegrief voel oor ’n berig of enige aksie deur die media word aangeraai om die regte kanale te volg om hul griewe te lug.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie