Sanef wil joernalis bystaan wat 2 keer stem
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) bied regshulp aan die joernalis wat in hegtenis geneem is omdat hy meer as een keer gestem het.
Verlede week is berig hoe Malinda Halloway (57) in ’n video-onderhoud met die aanlyn nuusplatform Suburb News beweer het sy het dit reggekry om by drie verskillende stempunte te stem.
Ettiene Mare (52), eienaar van Suburb News in die Laeveld, het Halloway se bewerings op die proef gestel deur suksesvol by twee stemlokale te stem, waarna hy ’n video daarvan gedeel het.
Mare het eers in die St. John-stemlokaal in Barberton en daarna in die Barberton-stadsaal gaan stem.
Mahlatse Mahlase, voorsitter van Sanef, het Maandag in ’n verklaring gesê in die video wys Mare hoe maklik hy die ink van sy vinger kon afkry.
“Mare het sy tweede stem bederf sodat die stemuitslag nie beïnvloed word nie,” sê Mahlase.
REEDS IN HOF VERSKYN
Mare het reeds saam met Halloway in die hof in Barberton verskyn op aanklag dat hulle die Kieswet oortree het.
Sanef is bekommerd oor Mare se inhegtenisneming, sê Mahlase.
“Sanef glo nie dat joernaliste bo die reg verhewe is nie en ons is bewus daarvan dat dit ’n oortreding is om twee keer te stem. Dit blyk egter dat Mare in openbare belang opgetree het. Hy het dit gedoen om die OVK se stelsel te toets met die doel om moontlike bedrog in die verkiesing uit te lig.”
Volgens Mahlase is die feit dat Mare se tweede stem bederf is ’n bewys dat hy die stemproses nie wou ontwrig nie. – Netwerk24/News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie