Sangers vermaak by Local Tourism is Lekker-ekspo
Gratis stalletjies word vir vryskuttoergidse aangebied.
Francoise Steynberg
Die eerste Local Tourism is Lekker-ekspo bied ’n opwindende vermaakprogram vanaf 1 tot 3 Desember by Droombos & Vineyard Country Lodge buite Windhoek aan.
“Die Covid-19-pandemie en grendeltyd het nie net ’n reuse-impak op die toerismebedryf gehad nie, maar ook op lede in die vermaaklikheidsbedryf. Ons ondersteun hulle ook wat nadelig getref is en daarom het ons ’n fantastiese vermaakprogram,” sê een van die stigterslede van Local Tourism is Lekker, mnr. Nrupesh Soni.
Op 1 Desember om 17:00 tree Izzy Martin op en daarna om 19:00 Jacob & Taylor. Op 2 Desember om 17:00 tree The Ell’s op en daarna om 19:00 die immergewilde Vaughn Ahrens en sy orkes. Op 3 Desember om 17:00 is Miss H aan die beurt, waarna rocker Riaan Smit om 19:00 besoekers se heupe gaan laat swaai.
“Ons weet dat die impak van Covid-19 hewig op vryskuttoergidse is en daarom reik ons ook ’n helpende hand na hulle uit waar hulle ’n gratis ruimte by die ekspo sal hê om hul dienste en produkte uit te stal,” sê me. Yvonne von Holtz, medestigter van Local Tourism is Lekker.
Die ekspo het ten doel om spesiale aanbiedinge vir die plaaslike rolspelers en dié in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-mark (SADC) aan te bied.
“Dit is nou die tyd dat die toerismesektor hul strategieë moet herevalueer en samewerking ondersteun,” sê Soni.
Daar sal ’n spesiale saal by die ekspo vir toerismediensverskaffers wees om met die toerismebedryf te netwerk. Bykomend sal ’n spesiale netwerksessie vir die hele toerismesektor op 2 Desember vanaf 19:00 aangebied word.
“Idees en strategieë kan tydens die netwerksessie uitgeruil word.” Bespreek vooraf vir die netwerksessie by www.localislekker.travel/b2b/.
Die ekspo sal vanaf 1 tot 3 Desember daagliks vanaf 14:00 tot 22:00 duur. Ingangsfooie beloop N$30 vir volwassenes, N$15 vir kinders tussen ses en 12 jaar oud, en gratis vir kinders onder ses jaar oud.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie