Sanitasiekrisis teister steeds nedersettings
’n Armoede-indeksverslag het bevind 40,4% van Namibiërs het nie toegang tot veilige toilette nie.
Jana-Mari Smith – Terwyl Wêreldtoiletdag herdenk word, gaan Namibië se informele nedersettings steeds gebuk onder die krisis van openbare ontlasting wat 'n risiko vir lewens en mense se gesondheid inhou.
Namibië het een van die laagste sanitasiedekkingsyfers in Suider-Afrika, en minstens die helfte van alle inwoners van informele nedersettings ontlas in die oopte.
Me. Foibe Selvanus, 'n gemeenskapskoördineerder, sê benewens die gesondheidsgevare – insluitend chroniese diarree en hepatitis-E-uitbrekings – kan openbare ontlasting inwoners aan misdaad blootstel.
“Stel jou voor jy word verkrag omdat jy die toilet nodig gehad het,” het sy gesê.
“'n Toilet is 'n basiese menslike behoefte, maar wanneer dit donker is, het ons 'n probleem met vroue wat in Havana aangeval en verkrag word, omdat hulle die toilet wou gebruik.”
Pleks daarvan gebruik baie inwoners emmers en plastieksakke en stort die menslike afval deur die dag by aangewese gebiede in rivierbeddings of in die bos.
In die Khomas-omgewing het 'n beraamde 122 200 inwoners nie toilette nie en 'n geskatte 61 ton ontlasting word daagliks in openbare gebiede in informele nedersettings gestort.
Boonop word huishoudelike vullis in die oopte gestort waar vullisverwyderingsdienste skaars of wisselvallig is, of bloot nie bestaan nie.
KRISIS
“Die sanitasieprobleme in Namibië is 'n reuse- nasionale krisis en verg onmiddellike optrede deur verskillende belanghebbendes soos nieregeringsorganisasies, gemeenskapslede, munisipaliteite en dorpsrade,” het mnr. Sheya Gotlieb, koördineerder vir sanitasieprogramme van die Development Workshop Namibia (DWN), gesê.
Hy sê die kwessie van sanitasie is steeds van uiterste belang in stedelike gebiede, omdat dit nie geprioritiseer word nie en swak finansiering ontvang. "Daar is 'n behoefte aan gedragsverandering onder gemeenskappe – wat deur verskeie gemeenskapsinisiatiewe en -betrekking op alle vlakke wel kan geskied.”
Die 2021 multidimensionele indeksverslag oor armoede het bevind sanitasie is die tweede hoogste aanwyser vir armoede in Namibië, met 40,4% van Namibiërs wat nie toegang tot veilige en funksionele toilette het nie.
Gotlieb het benadruk dat sanitasie 'n basiese mensereg is, en toegang tot toilette bied privaatheid, menswaardigheid, respek en 'n gevoel van veiligheid en trots.
“Lewensgehalte kan gemeet word aan toegang tot goeie sanitasie.”
TE MIN
Plaaslike owerhede se pogings om gemeenskaplike toilette te voorsien, was 'n grootskaalse mislukking.
“Stel jou voor 45 huishoudings gebruik een toilet. En dan is die kwessie dat só baie mense die toilet gebruik, veral gedurende die ure wanneer hulle werk toe gaan of van die werk af terugkom. Dis soos verkeersopeenhopings – mense raak gefrustreerd, want jy kan nie so lank wag vir 'n toilet nie, en hulle gaan eerder in die bos of gebruik 'n plastieksak,” het Selvanus gesê.
Sy het gesê die meeste toilette is vervalle en stukkend, wat bydra tot die risiko's van siektes.
“Hulle word nie in stand gehou nie, want as jy iets vir mense bring en hulle nie betrek nie – al is dit vir hul eie beswil – beskou hulle dit as staatseiendom en dink die regering sal alles kom herstel, sonder om te weet dat hulle hulself in gevaar stel.”
SELFHELP
Mnr. Fillipus Shambwangala, 'n gemeenskapsleier in die informele nedersetting Havana, sê honderde mense maak dikwels staat op een gemeenskaplike toilet – wat algaande deur oorbenutting, skade en vandalisme vernietig word.
Shambwangala en Selvanus is lede van sanitasiegroepe wat deur gemeenskapslede gedryf word, en met die hulp van die DWN en ander die uitdaging van sanitasie in informele nedersettings aanpak deur die gemeenskapsgedrewe sanitasieprogramme (CLTS).
CLTS maak staat op gemeenskappe om toilette te bou, en om gemeenskappe in te lig oor die risiko's van openbare ontlasting en 'n gebrek aan afvalbestuur.
Terwyl ál meer gemeenskappe die CLTS-beginsel toepas, en dosyne informele nedersettingsblokke en woongebiede oraloor Namibië as openbare ontlastingvrye gebiede (ODF) gesertifiseer is, bly die probleem groot en kritiek.
Shambwangala sê onder meer die plaaslike owerhede en die ministerie van gesondheid kan 'n belangrike rol in die hokslaan van dié krisis speel.
Benewens inligting, materiaal en die opheffing van beperkings op die bou van toilette, is die voorsiening van afgebakende grond vir inwoners vir huiseienaarskap 'n kritieke stap, het hy gesê.
“Ons het werklik nodig dat ons mense hierdie uitdagings oorkom. En dis nodig vir ons mense om die gevaar om só te lewe, te verstaan. Ons moet ons mense opvoed.”
STRUIKELBLOKKE
Gotlieb sê: “Plaaslike owerhede soos dié van Windhoek ervaar druk om sanitasie-oplossings te verskaf aan informele nedersettings wat vinnig groei. Hulle word deur finansiële beperkings in die gesig gestaar, omdat begrotings vir sanitasie nie die informele nedersettings prioritiseer nie want dié gebiede word as onbepland beskou.”
In Windhoek sluit uitdagings in die opgradering van sanitasie-infrastruktuur in digbevolkte gebiede, rioolstelsels wat oorloop en die uitbreiding van rioolverbindings na ontoeganklike gebiede.
'n Gebrek aan kundigheid oor sanitasie het daartoe gelei dat oplossings wat geïmplementeer is, uiteindelik misluk.
Boonop prioritiseer vele plaaslike owerhede toegang tot veilige water bó die voorsiening van toilette – wat openbare ontlasting in gebiede sonder toilette vererger en selfs normaliseer.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie