Sanksiesweep tref Qingdao Construction
Amerika het nuwe, strenger sanksies afgekondig teen maatskappye en individue wat Noord-Korea steun. Drie het Namibiese bande.
Ronelle Rademeyer - Sanksies is Dinsdag teen die Chinese konstruksiemaatskappy Qingdao Construction Namibia vir sy bande met Noord-Korea ingestel.
Dít volg nadat Qingdao Construction vier van Mansudae Overseas Projects Group of Companies (MOP) se regeringsprojekte, sy werknemers asook boumateriaal oorgeneem het toe dié Noord-Koreaanse maatskappy verlede jaar aangesê is om die land te verlaat.
Qingdao Construction is een van die groot Chinese kontruksiemaatskappye in Namibië.
MOP Architectural and Technical Services, Mansudae se plaaslike filiaal waardeur staatsprojekte van etlike miljarde Namibiese dollar gedoen is, verskyn saam met sy besturende direkteur, mnr. Kim Tong-chol (49), ook op die nuwe sanksielys.
Die Namibiese regering het in Junie verlede jaar aangekondig dat hy, in pas met Resolusie 2270 van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad, besluit het om die dienste van Mansudae en die Noord-Koreaanse kernwapenvervaardiger, Komid, te beëindig. Mansudae het as frontorganisasie vir Komid in Namibië opgetree.
Namibië het ook onderneem om nie meer Noord-Koreaanse burgers in enige van sy bestaande of toekomstige bouprojekte te gebruik nie.
Die Amerikaanse tesourie se kantoor vir buitelandse batebeheer het Dinsdag sy druk op Pjongjang vergroot en in ooreenstemming met Resolusie 2371 wat op 5 Augustus deur die Veiligheidsraad aanvaar is, die nuwe sanksies ingestel.
“Die sanksies is teen 10 maatskappye asook ses individue ingestel om die regering van Noord-Korea verantwoordelik te hou vir sy voortgesette toetsing van ballistiese missiele en die kernwapenprogram," lui ’n verklaring deur die Amerikaanse tesourie.
“Dit is onaanvaarbaar dat individue en maatskappye in China, Rusland en elders in die wêreld Noord-Korea help om ’n inkomste te genereer wat gebruik word om kernwapens te maak en die streek te destabiliseer,” sê die Amerikaanse minister van finansies, mnr. Steven Mnuchin, in dié verklaring.
Dit blyk uit ’n verslag op die Amerikaanse tesourie se webblad dat Kim, wie se Namibiese paspoort op 10 September 2017 verstryk, nou die adjunk- besturende direkteur van Qingdao Construction is.
Sy woonadres word aangegee as Herbststraat 34, Windhoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie