Sanlam oorhandig isolasiegeriewe
Sanlam oorhandig isolasiegeriewe

Sanlam oorhandig isolasiegeriewe

Gesondheid
Henriette Lamprecht
Sanlam het twee ten volle toegeruste vraghouer-eenhede aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oorhandig wat as isolasiegeriewe vir Covid-19-pasiënte in Walvisbaai gebruik sal word.

Die twee eenhede met vier beddens elk is met toilette, storte, wasbakke, lugverkoelers, beddens en beddegoed toegerus.

Die adjunkburgemeester van Walvisbaai, me. Penelope Martin, het tydens die oorhandiging gesê hoewel die regering verbind bly tot die bekamping van die pandemie, is hulp van rolspelers in die verskeie sektore nodig om te help waar hulle kan.

Sanlam het sedert die aanvang van die pandemie in die land reeds meer as ’n miljoen Namibiese dollar aan die ministerie geskenk. Martin het beklemtoon ’n groot behoefte aan isolasiegeriewe bestaan oraloor in die land.

Volgens die senior mediese beampte vir die Erongostreek, dr. Martha Ntinda, sal die eenhede wat op die perseel van die staatshospitaal op Walvisbaai geleë is, agt persone kan huisves.

Me. Alix Husselmann van Sanlam het by dieselfde geleentheid gesê die maatskappy het tot op hede ’n mobiele eenheid, persoonlike beskermende toerusting (PPE), chirurgiese togas en nou isolasiegeriewe ter waarde van N$1,29 miljoen ter ondersteuning van die ministerie se stryd teen Covid-19 geskenk.

In totaal het Sanlam reeds meer as N$3 miljoen aan verskeie Covid-19-inisiatiewe oor die land heen geskenk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!