Sanlam reik aandele van R5,7 mjd. uit
Hanlie Stadler
Sanlam wil R5,7 miljard invorder deur nuwe gewone aandele aan institusionele beleggers uit te reik.
Die kapitaal gaan gebruik word om te help betaal vir die 53,37% van Saham Finances wat Sanlam nog nie besit nie. Dié belegging van R12,5 miljard is op 8 Maart aangekondig – Sanlam se grootste transaksie in sy 100-jarige bestaan, wat vanjaar gevier word.
Ian Kirk, uitvoerende hoof, het met die bekendmaking van Sanlam se resultate vir die jaar tot einde Desember gesê dit is waarskynlik die grootste transaksie nog deur ’n finansiëledienstegroep in Afrika.
Dit sal Sanlam se posisie verstewig as die grootste finansiëledienstegroep in Afrika, uitgesluit banke.
Saham Finances het die grootste markaandeel in die meeste van die 26 lande in Afrika waar hy bedrywig is.
Sanlam het in 2016 ’n belang van 30% in Saham gekoop en in Mei 2017 nog 16,63%.
Die aandele word deur ’n versnelde boekbouproses gedoen, wat geopen het met dié aankondiging net ná die sluiting van die JSE Dinsdagmiddag.
Daar sal op prys per aandeel besluit word wanneer die boekbouproses gesluit is.
Beleggers wat aandele koop, sal reeds die 2017-dividend ontvang wat op 9 April betaal word.
Die aandele sal van Dinsdag 3 April af verhandel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie